Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Ds Rehan Rheeder is deur die Sinodale Diensraad (Noordelike Sinode) op 24 Junie 2026 beroep as hoof- uitvoerende beampte van die sinodekantoor. Foto: Verskaf

Leraars beweeg (Amptelike nuus – 03 Julie 2026)

BEROEP

Dr BP (Bennie) Marais van Charl Cilliers na Luckhoff; ds HF (Heinrich) Niehaus van Laingsburg na Gordonsbaai; ds R (Rehan) Rheeder van Universiteitsoord na SDR Noordelike Sinode as hoof- uitvoerende beampte; ds SWP (SW) Scott sr (emeritus) van Newcastle na Klerksdorp-Oos.

WES-KAAPLAND

BEROEP

Ds HF (Heinrich) Niehaus van die NG Gemeente Laingsburg is na die NG Gemeente Gordonsbaai beroep. (Sanette Strydom, kantoorbestuurder/skriba: NG Gemeente Gordonsbaai, 29.06.2026).

VRYSTAAT

BEROEP

Hiermee wil ek julle net in kennis stel dat die kerkraad van die NG Gemeente Luckhoff vir dr Ben Petrus Marais tydens ’n kerkraadsvergadering gehou op 29 Junie beroep het na Luckhoff in ’n 2 jaar vastetermyn predikantspos. (Mev HWB du Plessis, skriba: NG Gemeente Luckhoff, 02.07.2026).

GOUDLAND

BEROEP

Hiermee gee die kerkraad van NG Kerk Klerksdorp-Oos kennis dat ds Schalk Willem Petrus Scott (SW) emeritusleraar van Newcastle, op ’n kerkraadsvergadering van 23 Junie 2026, vir ’n vaste termyn van twee jaar beroep is. Ons vertrou die Here se leiding en vra vir voorbidding. (Mev Attie Pfister, skriba/kassier: NG Kerk Klerksdorp-Oos, 29/06/2026).

NOORDELIKE

BEROEP

Ons deel graag dat ds Rehan Rheeder deur die Sinodale Diensraad (Noordelike Sinode) op 24 Junie 2026 beroep is as hoof- uitvoerende beampte van die sinodekantoor. (Elmarie Jooste, kommunikasiebeampte: Noordelike Sinode, 29.06.2026).

  • Amptelike nuus in Kerkbode gaan oor nuwe leraar- en gemeenteskuiwe asook kerkverwante vergaderings binne die NG Kerk. Lees meer oor die nuutste kerkordelike voorskrifte hieroor in hierdie gids.

 

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top