Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Brief: Om as leraar af te los op die platteland

Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.

Ds Pierre Marais (voorheen leraar op Ceres) skryf: Ek en my vrou Mona het gedurende Mei en Junie vanjaar gaan aflos in die NG gemeente Fraserburg. Dit was vir ons ’n wonderlike en verrykende ervaring!

LEES OOK: ‘’n Mens se hande voel afgekap. Jy voel oorweldig’

Een van die lidmate, Danél Hoon, skrywe in ’n baie mooi gediggie dat die Karoo jou nie probeer beïndruk nie en jou nie probeer tevrede stel nie, die skoonheid lê juis in die wye vlaktes en die niks – dit laat jou besef hoe min jy nodig het! Jy werk met wat jy het en maak ’n plan met wat jy nie het nie. “Ons weet hoe om met min reg te kom, en steeds genoeg te hê.”

Ons was beïndruk met die mense en veral ook die kinders van die Karoo, wat so geleer het om vergenoeg te wees met wat hulle het, al is hulle ver van die gerief van die stadsliggies. Trouens, die mense met wie ons te doen gekry het, was almal uitsonderlike mense wat ons lewe werklik diep verryk het. Buiten dat hulle meer as genoeg het van alles wat nodig is om gelukkig te lewe, is hulle mense wat so geaard is dat hulle jou raak-kyk en met hulle hart aanraak.

LEES OOK: ’n Kuier by skrywer en kerkman Johann Symington

Met hierdie briefie wil ons dankie sê aan die gemeente, en die wens uitspreek dat julle geseën sal word met die regte leier vir julle vakante leraarspos.

En mag leraars nie wegskrik van die feit dat die platteland dikwels so ver afgeleë is nie, jy sal self ingesout word as mens tussen hierdie sout-van-die-aarde mense.

En ek hoop afgetrede leraars gryp so ’n aflos-geleentheid aan!

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top