Die amptelike persverklaring wat hieronder ingesluit word, is nie 'n nuusberig deur Kerkbode nie. Die persverklaring word in sy geheel hier gepubliseer vir die rekord en ter wille van lidmate se vrye toegang tot amptelike inligting in die kerk.
Van 19 tot 24 Oktober 2026 het vier dominees uit die NG Kerk Jordanië, Israel, Jerusalem en die Wesoewer besoek om verslag te doen aan die Algemene Sinode Moderamen. Lees die verslag geskryf deur vlnr ds Anton Mieny , dr Christo Benade, ds Elmarie Dercksen en prof Marius Nel hieronder.
“Ons het bewustelik ’n holistiese eerder as ’n sogenaamd gebalanseerde benadering gevolg, want waar daar ’n diep wanbalans van mag, grond en regte is, kan die voorstelling van twee gelyke kante onreg verdoesel. Ons vertrekpunt is verder dat elke mens na die beeld van God geskape is. Ons kan dus deernis hê met die vrees en trauma van Israeli’s en terselfdertyd die doodmaak van burgerlikes en die vernedering van Palestyne veroordeel.”

