By die PredikanteSAAMkoms (24-28 Augustus 2026) op Goudini in die Wes-Kaap het Bybel-Media ‘n opwindende reeks kortformaat-aanbiedings deur leraars van die NG Kerk verfilm.
Organiseerders het die SAAMkoms beskryf as ’n fees van geloof, roeping en menswees. “Ons skuif doelbewus weg van vergaderings (en) toesprake … en beweeg na interaksie, ontmoeting en verbeelding,” het die ontwerpspan verduidelik. “Dink daaraan soos ’n kunstefees vir die gees: oral is daar iets aan die gebeur, iets wat jou kan verras, aanraak of inspireer.” Die reeks bevat altesaam 48 praatjies. Hierdie eerste aflewering bevat agt opnames. Volg die volledige reeks op Bybel-Media se YouTube-kanaal.
Geborg
