’n Kind se eerste vrae is dikwels so eenvoudig: Hoekom is die lug blou? Wie het my gemaak? En, vroeër of later: Wie is God? Hierdie natuurlike nuuskierigheid bied wonderlike geleenthede om vertroue te bou, familiewaardes te deel en kinders op ’n geloofsreis te neem wat hulle nader aan God en sy Woord sal bring.

Dit is ook die hart van Christian Media Publishing (CMP) se visie: om mense te help om God se Woord te ontdek. Ons wil mense se lewe met die Woord van God verander deur Bybels en Christelike boeke van hoë gehalte bekostigbaar en onweerstaanbaar mooi beskikbaar te stel. CMP Kids maak dit vir kinders moontlik om God en sy Woord van kleins af te leer ken deur produkte wat hulle geestelike, emosionele en opvoedkundige ontwikkeling in ag neem en ’n stewige fondament lê waarop hulle hulle geloof kan bou.
Kliek hier om te koop
Kinders se verhouding met boeke verander namate hulle ouer word. Babas ontdek deur aanraking, kleure en ’n bekende stem. Kleuters begin name gee aan wat hulle sien en hoor. Voorskoolse kinders vra baie vrae, terwyl ouer kinders gereed is om die Bybel self verder te ondersoek en te ontdek. Kinders sal boeke wat by hulle ouderdom en ontwikkelingsfase pas baie meer geniet, en wanneer kinders ’n boek geniet, sal hulle dit weer en weer lees. Só ondersteun ouderdomsgepaste boeke kinders in elke ontwikkelingsfase en skep goue oomblikke vir families om saam oor geloof te gesels.
Vir die heel kleinstes begin die leeservaring dikwels in iemand se arms. Die Pikkie en Peuter-Storiebybel, geskik vir babas en kleuters tot drie jaar oud, vertel 45 stories uit die Ou en Nuwe Testament oor in woorde wat klein hartjies maklik sal verstaan. Elke storie lê ’n Bybelse waarheid vas en herinner hulle aan God se liefde. Die sprankelende illustrasies skep ’n gevoel van verwondering by die stories. Die Loer en Luister Bybel-Klankeboek nooi jong kinders om 6 mense, diere of dinge in 5 besige Bybelprentjies te vind en na 12 oulike klanke te luister. Só word soek, vind en luister deel van die pret. Kinders van hierdie ouderdom hou ook van herhaling. Om weke lank dieselfde storie voor slaaptyd te hoor sal help om die boodskap diep in hulle harte vas te lê.
My eerste Bybel – Woorde, kleure en getalle is ’n prettige boek vir voorskoolse kinders om eenvoudige woorde, kleure en getalle te sien en te sê terwyl hulle luister na Bybelstories oor Moses, Dawid, Jesus en ander bekende mense in die Bybel. Baba se Doopbybel kombineer Bybelstories en kindergebede met ’n afdeling vir spesiale familieherinneringe, soos bladsye vir doopfoto’s en ’n familiestamboom. Albei boeke verbind vroeë leerervarings en kosbare familie-oomblikke aan ’n kind se eerste blootstelling aan God en die Bybel.
Kliek hier om te koop
Namate kinders ouer word, raak hulle vrae meer spesifiek: Wie is God? Wie is Jesus? Waar is Jesus nou? Wie is God? help volwassenes om hierdie natuurlike nuuskierigheid in betekenisvolle gesprekke oor geloof te omskep. God is lief vir my-Storiebybel fokus op een belangrike boodskap: God is lief vir kinders. Hierdie versameling Bybelstories beklemtoon eenvoudige waarhede: God het my gemaak, sien my raak, luister na my, beskerm my en hou sy beloftes. Hierdie waarhede laat kinders veilig voel namate hulle begin verstaan wie hulle is en hoe lief God hulle het.
Vir kinders van sewe tot dertien strek die ontdekking van die Bybel verder as om na stories te luister. Hulle kan nou die wêreld waarin die stories gebeur het, begin verken. Die lewe in die Bybeltyd gebruik treffende illustrasies en prettige feite om kinders meer oor die alledaagse lewe in Jesus se leeftyd te laat ontdek: wat mense geëet en gedra het, waar diere geslaap het, hoe mense gewerk en geboer het, en hoe hulle God aanbid het. Hierdie agtergrond help jong lesers om die Bybelstories beter te verstaan en besonderhede raak te sien wat hulle andersins dalk sou misgekyk het.
Hoe oud ’n kind ook al is, ’n paar eenvoudige gewoontes kan Bybelleestyd nog meer besonders maak. Hou aan om die stories saam hardop te lees, selfs al is kinders oud genoeg om self te lees, want hierdie saamlees lei dikwels tot geloofsgesprekke. Vra af en toe wat die kinders in die illustrasies raaksien of hoe hulle dink ’n karakter gevoel het. Laat hulle soms self ’n storie kies, en moenie bekommerd wees as dieselfde gunsteling aand ná aand gekies word nie. Die heel belangrikste is om hulle vrae te verwelkom, selfs die moeilikes. Wanneer jy sê: “Kom ons vind saam uit,” wys jy vir kinders dat geloof iets is wat hulle self kan ondersoek en ontdek, nie net iets wat aan hulle oorvertel word nie.
Elke kind se geloofsreis is uniek, maar elke reis word gevorm deur die Bybelstories waarna hulle luister en die mense wat dit liefdevol met hulle deel. Die regte boek op die regte tyd kan ’n slaaptydroetine of ’n reënerige middag in ’n kosbare oomblik van verwondering en saamwees omskep. En namate kinders ouer word, groei hulle verstaan van en liefde vir God ook – een storie op ’n slag.

