Stuur Amptelike Nuus na Lida Viljoen by lida@tydskrifte.co.za
NG KERK
BEROEP: Ds Wessel Oosthuizen (emeritus) van Groblershoop na Griekwastad; ds Lourens Bester van Parke na Wellington.
AANVAAR: Ds Jandré Viljoen van Kuilsrivier-De Eike na Ceresvallei.
WES-KAAPLAND
Bevestiging
Ds Johannes Zacharias Joubert van Britstown het die beroep na Gansbaai aanvaar. Bevestiging vind plaas DV op Vrydag, 11 Januarie 2019. Intreepreek: Sondag 13 Januarie 2019. (Wilna Swanevelder, Skriba, 01.11.2018).
VRYSTAAT
Bevestiging
Ds BA (Arnold) Nadel (emeritus) word op Sondag, 20 Januarie 2019 in ’n vastetermynpos (2 jaar kontrak) by die NG gem Fauresmith en Jagersfontein bevestig en nie op 14 Januarie 2019, soos vroeër berig is nie. Jammer vir die ongerief. (BA Nadel, 03.11.2018).
HOëVELD
Emeritaat
Hiermee word amptelik kennis gegee dat dr SJ Louw, leraar van die NG gem Eendracht, demissie en emeritaat ontvang op 30 November 2018. Sy afskeidspreek is op Sondag, 25 November 2018 om 9:00 in die NGK Eendracht. (dr SJ Louw, leraar, 06.11.2018).
