Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Gelowig en groen

Wat ’n voorreg om die afgelope jaar saam die reis na ons planeet se redding te kon aanpak. Dit het ons geneem van roepingsverheldering oftewel ’n eko-hart, na die sensitiewe, verrykende dog dikwels onrusbarende opmer­k­saamheid van eko-oë en -ore, uiteindelik tot by die daadwerklike aanpak van uitdagings, persoonlik, plaaslik en selfs landwyd met eko-hande en -voete.

Ter afskeid: geniet ’n welverdiende ruskans, wetende dat ook die aarde dit verdien. “Kom na My toe almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee” (Matt 11:28), is ’n uitnodiging van kosmiese reikwydte.

Mag jou hart, hande en voete telkens geroer en in beweging gebring word wanneer jy in die natuur vrede en verkwikking vind en ook wanneer jy die Bybel met ’n “groen” oog lees en daarin ontdek hoe kosbaar sy skepping vir Hom is. En mag jou eko-vriendelike leefstyl jou neem na opwindende uitdagings en avonture!

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top