Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

’n Stewige hulpmiddel vir Romeine-studie

Romeine: Hartklop van die evangelie
Andrie du Toit
Uitgewer: Christelike Uitgewers­maat­skappy, 2018


Die bekende Nuwe-Testamentikus Andrie du Toit het met Hartklop van die evangelie ’n omvattende, toeganklike studie van Romeine geskryf. Dis ’n stewige stuk werk, met 306 bladsye en klein kantlyne. Tog is dit juis vir ’n lekeleser ’n baie sinvolle bron.

Du Toit bied ’n handige tabel wat ’n oorsig oor die hele Romeine-boek gee. Dan neem hy sy leser stuk vir stuk deur die boek Romeine. Die kommentaar is gerangskik in 10 we­ke, wat weer op hulle beurt in dae onderverdeel is. Elke dag het ’n paar vrae, gevolg deur ’n volledig dog eenvoudige kommentaar. Tussendeur is daar blokkies met vrae of staaltjies. Die hele boek is baie logies uit­eengesit, met ’n terugblik aan die einde van elke week, wat ’n oorsig (byna hersiening) van die week se hoofstukke gee. Aan die einde van elke week bied die skrywer kleingroepmateriaal. Beide die daaglikse vrae en die kleingroepmateriaal is dikwels in ’n ouer styl van vrae waar­van die antwoorde later gegee word, eerder as toepassings.

’n Pluspunt is die manier waarop die boek Romeine binne die konteks van die res van die Nuwe Testament gelees word, met veral die lyne na Handelinge en Paulus se ander brie­we wat sterk gelê word. Du Toit argumenteer dat sonde is om God nie God te laat wees nie, wat tot gevolg het dat die mens nie mens kan wees nie. Veral sy kommentaar oor Ro­meine 1 in dié verband is baie interes­sant. ’n Stewige hulpmiddel vir men­se wat vir die eerste keer ’n verdere studie van Romeine wil maak.

▶ Ds Rethie van Niekerk is ’n predikant in Port Elizabeth.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top