Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Foto: Pexels.com

PEILING: Hoe maak julle met tienerbediening in grendeltyd?

Predikante is hande in die hare oor wat om te doen met tienerbediening in hierdie tyd van afsondering. Sommige predikante neem video’s op of hou aanlyn groepbyeenkomste en ander gemeentes span weer die ouers in om as kategete op te tree. Dit bly egter ’n kopkrapper om effektiewe alternatiewe te vind vir tienerbediening.

Kliek op die foto om aan die peiling deel te neem.

“Ons het ’n paar goed al probeer met ons jeuggroepe soos om per WhatsApp kleingroepgesprekke te fasiliteer, maar die betrokkenheid bly maar laag,” sê ds Ryno Els van Toringkerk in die Paarl. “Ek sal egter graag innoverend en volhoubaar wil dink,” voeg hy by. Ds Barbara-Marie Jacobs, leraar in Port Elizabeth-Lorraine, gesels elke Sondag met tieners op Instagram-live en daarna vind die kategesegesprekke plaas op WhatsApp-groepe. Die sukses daarvan hang volgens haar baie af van die moeite wat mentors met persoonlike interaksie doen. Hoewel minder tieners deelneem as wat gewoonlik op ’n Sondag sou bywoon, meen sy dat die tieners wel die moeite waardeer. Di Faani Engelbrecht van Melkbosstrand en Jana Dickason van La Rochelle noem nog ’n uitdaging – baie tieners sukkel om genoeg data te hê om sosiale platforms te besoek.

Dit blyk dat ons in hierdie tyd hande moet vat en mekaar moet help om aan kreatiewe alternatiewe te dink vir verhoudingsbou en dissipelskap met tieners in elke konteks.

Kerkbode wil saam met DinkJeug graag hoor wat gebeur in gemeentes – jou gemeente. Wat doen mense om tieners in hierdie tyd te bereik? Wat werk en wat werk nie? Neem gerus deel aan die kort, informele peiling hieronder wat ontwikkel is deur die Sinode van Wes-Kaapland se Taakspan Jeug. Kliek HIER

  • DinkJeug, ’n inisiatief van die Taakspan vir Jeug- en Familiebediening van die Sinode van Wes-Kaapland, beplan om ’n reeks webinare te hou oor jeugbediening in die tyd van afsondering. Predikante en jeugwerkers landswyd kan deelneem. Die eerste een handel oor Tienerkategese in afsondering en vind plaas op Woensdag, 29 April om 10:00-11:00. Jy kan daarvoor inskryf deur ’n e-pos aan jeug@sun.ac.za te stuur.
No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top