Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Amptelike nuus, 17 Julie 2020

NG KERK

BEROEP: Prop (prof) Laetus Oscar Kotze Lategan na Bloemheuwel as tentmaker.

WES-KAAPLAND

EMERITAAT

Ds Chris Eksteen het op 31 Maart 2020 afgetree by NG Kerk Tulbagh. Hy het sy akte van demissie op Sondag, 28 Junie 2020 ontvang. (Ds WP du Plessis, Ringskriba, 19.06.2020).

NOORD-KAAPLAND

EMERITAAT

Ds Meiring de Wet van die NG gemeente Philipstown het op 31 Mei 2020 geëmeriteer en het ook sy akte van demissie ontvang. (Henry Williams, Ringskriba, 05.06.2020).

BEVESTIGING

Prop Hendrik Nicolaas Beukes se bevestiging met handoplegging deur prof Hannes Knoetze, het op 21 Junie 2020 in die NG gemeente Mareetsane plaasgevind. (Alta Pretorius, Ringskriba, 29.06.2020).

VRYSTAAT

BEVESTIGING

Ds Tano Bongers is op 4 Julie 2020 bevestig in die NG gemeente Dealesville. Hy was voorheen leraar in Schweizer-Reneke. Die bevestiging is waargeneem deur ds Jean van Biljon van Soutpan. (Annamarie van Biljon, Skriba, 25.06.2020).

GOUDLAND

BEVESTIGING

Prop GSM Enslin is op 12 Julie 2020 by die NG Se­der­park bevestig as voltydse predikant. Hy is deur ds LJ Enslin van NG Dutoitspan, Kimberley bevestig. (Ds BC Botha, Skriba, 06.07.2020).

Stuur Amptelike Nuus na Lida Viljoen by lida@tydskrifte.co.za

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top