Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Hoekom is daar natuurrampe? Is daar 'n duiwel? Wat nou as ek ja sê vir Jesus? Dit is die soort vrae wat twee nuwe interaktiewe gesprekgidse vir tieners probeer beantwoord. Foto: iStock

Interaktiewe gesprekgidse vir jong gelowiges

GOM vir jou stukkende wêreld – 5 waarhede om aan te kleef deur Jan Vermeulen

[aesop_image img=”https://kerkbode.christians.co.za/wp-content/uploads/sites/2/2021/12/Gom.jpg” panorama=”off” align=”left” lightbox=”off” captionsrc=”custom” captionposition=”left” revealfx=”off” overlay_revealfx=”off”]

Uitgewer: Luca, 2021

Resensent: Rethie van Niekerk

Gom vir jou stukkende wêreld is ’n heerlike, interaktiewe boek vir tieners. Eenvoudig geskryf en kreatief uitgelê, met kort, verteerbare stukkies inligting is dit ’n boek wat tieners maklik sal lees – en geniet!

Vermeulen som die kernboodskap van die Bybel in vyf waarhede op: Ek kan die Bybel vertrou; God is liefde; Ek verdwaal soms; God kom soek en red my volkome; en Nou wil ek graag dankie sê.

Op toeganklike en relevante manier kyk hy na sake soos die gesag van die Bybel, swaarkry, natuurrampe, Satan, ensovoorts. Ek sal graag hierdie boek vir alle tieners – en baie grootmense! – persent gee.

Beskikbaar by Lapa.

  • Ds Rethie van Niekerk is ’n predikant by Blouwaterbaai Familiekerk in Gqeberha.

Ja vir Jesus! Wat nou? deur Ina Fourie

[aesop_image img=”https://kerkbode.christians.co.za/wp-content/uploads/sites/2/2021/12/JavirJesus1.jpg” panorama=”off” align=”right” lightbox=”off” captionsrc=”custom” captionposition=”left” revealfx=”off” overlay_revealfx=”off”]

Uitgewer: Naledi, 2020

Resensent: Eldré Bester

Ina Fourie het vir baie jare persone wat in die okkulte vasgevang was, gehelp. Uit hierdie agtergrond skryf sy vir jong gelowiges wat onlangs die geloofspad betree het.

Die skrywer se warmte en opregtheid is opvallend. Die boek fokus op jong gelowiges se nuwe identiteit in Christus en die betekenis van wedergeboorte. Fourie wil jongmense tot geestelike groei en geloofsvolwassenheid begelei.

Alhoewel die dagstukke in maklik verstaanbare taal geskryf is, kan dit as lank en “prekerig” beleef word. Die voorkoms en styl van die boek is ook nie noodwendig tienervriendelik nie.

Beskikbaar by Naledi.

  • Ds Eldré Bester is ’n predikant by Algoa Gemeenskapskerk in Gqeberha.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top