Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Jaco Botha gesels oor geloofsdissiplines. Foto: verskaf

Raakgesien | Jaco Botha nou by Hugenote Kollege

Ds. Jaco Botha is vanaf 1 Augustus 2024 aangestel by die Hugenote Kollege in Wellington om nuwe kwalifikasies in teologiese opleiding vir lidmate te ontwikkel en as koördineerder van die sertifikaat-programme in Teologie, waaronder die Bedienaarskursusse, op te tree.

Dit is luidens ‘n onlangse verklaring vanaf die kollege waarin ook genoem word dat hy tans besig is met navorsing oor die ontwikkeling van ’n nuwe missionale praktyk wat fokus op die formasie van dissipelskap deur oor grense te beweeg. Hy finaliseer sy PhD in die interdissiplinêre vakgebiede van Praktiese Teologie by Radboud Universiteit in Nijmegen en Sistematiese Teologie by die Universiteit van Stellenbosch.

As leraar in die NG Kerk is hy ook voorsitter van die Taakspan Afrika Ekumene en dien in die uitvoerende bestuur van die Diensgroep Getuienis. Verder het hy ook verskeie akademiese publikasies onder sy naam wat handel oor missionale ekklesiologie, geweld en publieke teologie. 

Hy was ook voorheen leraar by die Herenigde Gemeente van die VG Kerk en die NG Kerk op Bredasdorp.

Bron: Hugenote Kollege 

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top