Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Brief: Pinkster vir gebed om eenheid

Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.

Theo Badenhorst van Brackenfell skryf: Pinkstertyd kom al weer nader, en nog ’n geleentheid vir die kerk van Christus om haar roeping te verdiep en te verskerp.

Ons Pinkstergebruik is gebore uit die herlewings van 1860/1. Daarom is gebed vir herlewing eintlik ’n vanselfsprekende saak in die NG Kerk. Dit is veral van waarde te midde van die kerklike spanning in NG geledere. Kom laat ons ons eenheid veral soek deur middel van volgehoue gebed waardeur ons eerstens God se verheerliking soek. Gebed bring biddende Christene altyd nader aan mekaar. God gebruik juis ons eenheid om Homself duideliker aan die wêreld te openbaar. Die komende Pinkstertyd leen hom ideaal daarvoor. Almal soek seën met Pinkstertyd. Mag God se verheerliking ons seën wees.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top