Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Elders gesien | Gemeente in Pretoria bring herverbeelding van Ragab se verhaal op die planke tydens fees

Kaartjies is nou te koop vir ’n “kreatiewe herverbeelding van die Bybelse verhaal oor Ragab, die vrou wat haar stad en haar verlede agtergelaat het om deel te word van ‘n nuwe en onverwagse toekoms.”

Die verhoogstuk Rooi verweef historiese feite met fiktiewe elemente om Ragab se innerlike stryd, haar moed en haar menslikheid opnuut tot lewe te bring, luidens ‘n verklaring. Die produksie is te sien tydens die Lig en Ritme Fees. Die Fees vind plaas van 20 – 22 Augustus op die terrein van NG Tygerpoort en Laerskool Tygerpoort in die ooste van Pretoria.

“Op Woensdag en Donderdag (20-21 Augustus) vind die voor-Fees produksie, Rooi, in die kerkgebou plaas – saam met ‘n heerlike ete en kuiergeleentheid in die Teaterkafee op die terrein,” luidens die aanlyn feesprogram. Die hooffees vind op Vrydag (22 Augustus) op die sportvelde van Laerskool Tygerpoort plaas.

Meer oor Rooi: “Hierdie verhoogstuk verweef historiese feite met fiktiewe elemente om Ragab se innerlike stryd, haar moed en haar menslikheid opnuut tot lewe te bring. Die aangrypende stuk nooi jou om na te dink oor geloof in moeilike tye, die trauma van oorlog, die hoop in liefde en uiteindelik hoe om vry te word van jou verlede. Die woorde en musiek neem jou op die emosionele reis van ‘n karakter in die Bybel wat deur die Here gebruik word op maniere wat niemand verwag het nie.”

Kliek vir kaartjies

 

rooi_3

 

 

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top