Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Gelowig en groen

“Pas op,” sê Jesus, “en wees op julle hoede vir elke vorm van gierigheid, want ’n mens se lewe is nie afhanklik van die oorvloed van sy besittings nie” (Luk 12:15). Kenmer­kend van die verbruikersamelewing waarvan ons deel is, is gierigheid, dit wil sê die begeerte na meer goed.

Die voortgang van die verbruikersekonomie vereis dat mense steeds meer koop. Die reklamewese oortuig ons vin­dingryk dat geluk in die oorvloed van jou rykdom lê – presies waarteen Jesus waarsku.

Feit is dat jou besittings jóú kan besit, bedoelend daarmee dat jou hart so in beslag geneem word deur materiële rykdom dat daar nie meer plek is vir betekenisvolle, le­wensverrykende en kostelose(!) aktiwiteite nie, soos om: in die natuur en saam met vriende te ontspan, tyd met jou gesin te bestee … Gevolglik ontaard ons in eensame, angstige, selfs depressiewe wesens wat rondskarrel om geluk te vind en boonop grootskaalse ekologiese skade aanrig.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top