Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Watter betekenis gee jy aan die droogte?

Hierdie is 'n opiniestuk.
Die skrywer se standpunte weerspieël nie noodwendig dié van Kerkbode nie.

Dit is die ergste droogte in meer as honderd jaar, met rekordtemperature op baie plekke. En ons weet nie of dit volgende jaar verby is nie.

[aesop_character img=”https://kerkbode.christians.co.za/wp-content/uploads/sites/2/2016/02/Attie-van-Niekerk2.jpg” caption=”Dr Attie van Niekerk is direkteur van die Instituut vir Sendingwetenskaplike Navorsing aan die Universiteit van Pretoria (ISWEN).” align=”right” width=”270px”]
Die gevolge sal baie lank voelbaar  wees. Mense verloor hulle werk, boere se skuld skiet die hoogte in, voedselpryse sal volg en dit kan tot onrus lei. Versteurde en geploegde  grond het skade gely. Droogtes het ook ’n nut in die natuur, die inheemse plante oorleef dit beter as baie indringerplante, en so word die balans weer herstel.

Hoe ons gaan reageer hang af van watter betekenis ons aan die droogte gee. Ons omstandighede en die wyse waarop ons die wêreld verstaan het ’n groot invloed op die betekenis wat elkeen van ons aan die droogte gee. Party van ons word baie erger geraak as ander. Jy kan op ’n plaas woon waar jou diere vrek, jy kan op ’n dorp woon waar die water skaars en van swak kwaliteit is, of jy kan op ’n plek woon waar mense nog hulle tuine natgooi dat die water in die straat afloop. 

Die oorgrote getal wetenskaplikes sê klimaatsverandering word deur die mens veroorsaak, ons verbrand te veel olie en steenkool wat kweekhuisgasse in die atmosfeer vrystel. Ons vernietig te veel bome en woude. Meer nog: Die aarde is in ’n nuwe geologiese tydvak, saam met klimaatsverandering is daar ook groot hoeveelhede beton en plastiek, reuse-spore van radioaktiewe afval, die versnelde uitwissing en migrasie van spesies. Omdat dit deur die mens veroorsaak is, word die tydvak die Antroposeen genoem.

Ons as gelowiges moet die wetenskaplikes se bevindinge aanvaar, soos wat ons ’n dokter se bevindinge aanvaar as ons siek is. Dit beteken dat weerpatrone waarskynlik nie, soos na 1933 se droogte, maar sal aangaan soos ons gewoond is nie.   

Dit het groot implikasies. Ons sal moet aanpas by die nuwe tydvak en ons sal ons skadelike impak moet verminder. Dit kan ons nie sonder die wetenskaplikes en die tegniese kundiges doen nie. Die wetenskap en die tegniek maak baie goeie dinge moontlik. Ons moet daarvan kennis neem en dit benut. Ons moet werk aan nuwe leefpatrone. Ons moet weet wat die watervoetspoor is van die dinge wat ons gebruik: ’n kilogram brokkoli (eetbare gedeelte) vat sowat 300 liter water om te produseer, wortels tot amper 100 l/kg. Om kos te mors is om water te mors.

Syfers van die Departement van Waterwese toon van die water in ons damme gaan: 20% na ons tuine, 30% na ons huise en 26% is “unaccounted water”, dit is lekkasies en onwettige aansluitings. Anders gestel, amper die helfte van ons hoogs gesuiwerde, hoë kwaliteit water spoel in ons toilette af en word op ons grasperke gespuit.

Ons het die wetenskap nodig, maar die wetenskaplikes en die politici kan dinge nie alleen regmaak nie. Dit is nodig dat die kerk in woord en daad daarvan getuig dat ons hoop op God is, wat lewe gee in oorvloed en wat van ons verwag om nie destruktief en selfsugtig te leef nie. God roep ons om lewe te bevorder in hierdie mooi skepping wat Hy vir ons gee, deur te sorg, deur ons kennis en geleenthede te gebruik en te werk aan ’n verantwoordelike, volhoubare manier van leef.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top