Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Dit is “ons”, nie “hulle” nie

Die kerk moet leer om mense na wie uitgereik word, te sien as deel van “ons”, en nie as “hulle” nie.

Dit was een van die gedagtes wat na vore gekom het in die DiacAfric-konferensie oor missionale diakonaat wat op 31 Mei en 1 Junie in Pre­­toria gehou is. Die gedagte was dat hulp in vriendskapsverhoudinge verleen moet word, want die teenoorgestelde van armoede, is gemeenskap (koinonia).

Nog ’n stukkie taalgebruik waaroor daar gesels is, is die woorde wat gebruik word om die proses te beskryf waardeur die kerk meer missionaal gerig word. Pleks van na “missionale trans­formasie” te verwys, moet die kerk dalk lie­wer praat van “missionale reformasie”, is daar gesê.

’n Sleutelelement van hierdie reformasie, is dat elke lidmaat moet besef dat dit nie net opgeleide, professionele mense is wat na die wêreld toe gestuur word nie. Elke lidmaat is ’n gestuurde van God.

Kerkleiers het ’n belangrike verantwoordelik­heid om hierdie boodskap in die kerk in te dra.

Om die kerk in hierdie opsig te reformeer, is dit belangrik dat lidmate moet deelneem aan die dia­konaat. Dit is deur deelname dat die veran­dering kom. Lidmate wat reeds so gereformeer het, kan die voortou neem om ’n gemeente te help transformeer.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top