Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

‘Gewone’ stemme vír selfdegeslagverhoudings

“Gay Christian. I exist.”

Dit is een van die boodskappe wat vertoon word op ʼn nuwe video wat ʼn stem wil laat hoor vír selfdegeslagverhoudings in die NG Kerk. Onder die deelnemers aan die video is, onder andere, “gewone” NG lidmate, predikante, teologie-dosente sowel as VGK-lidmate.

Dié video, Stemme vír Selfdegeslagverhoudings in die NG Kerk, is saamgestel nadat Jacobie M Helena (Visser), wat tans haar gemeentejaar by Worcester-Vallei gemeente doen, ʼn beroep op ʼn klomp NG lidmate gedoen het om ʼn foto te neem met ʼn frase op papier in die hand, ter ondersteuning van selfdegeslagverhoudings.

Dié foto’s is deur Francois van der Merwe, ʼn derdejaarteologiestudent, gebruik om die video te maak. Dit kan nou op You-tube gesien word.

Frases soos “Streef om Sy voetspore te volg” en “Die seëning om te kan liefhê is vir almal bedoel” is ook te sien in die video.

“Die idee van die video het by my (ek glo dat God die idee geïnspireer het) ontstaan toe ek die belydenis van die 24 US-teologiestudente rondom selfdegeslagverhoudings sien. Ek het besef dat daar soveel ander stemme op grondvlak is wie se stemme nie gehoor word nie. Gewone lidmate wat nie by die buitengewone sinode teenwoordig gaan wees nie maar wat ook ’n sterk stem het,” sê Jacobie.

Sy sê verder: “Die 2015 sinodale besluit dwing niemand in ’n blik nie. Dit erken bloot meer mense se onvoorwaardelike menswaardigheid. Mag God se onvoorwaardelike liefde vir élke mens by die Buitengewone Sinode 2016 gestalte kry.”          

Die video is Maandag, 24 Oktober opgelaai en is teen 27 Oktober 477 keer gekyk.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top