Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Net een waarheid

Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.

Marcel Vosloo van die Strand skryf:

André Bartlett en mede-ondertekenaars sê in hul skrywe in reaksie op Dirkie van der Spuy se brief, dat hy impliseer dat die “minderheidstem” tydens die afgelope sinodesitting “in stryd is met God en met sy Woord”.

Wat is die waarheid van die Woord rondom selfdegeslagverhoudinge?

Is dit so dat Genesis 2 en 3 net verwys na ‘n vervullende kameraadskap tussen enige twee mense – ook persone van dieselfde geslag? Of het ons hier te make met die beskrywing daarvan dat seksualiteit/die intieme liefdesverhouding slegs binne ‘n huweliksverhouding tussen ‘n man en ‘n vrou plek het?

Is dit waar dat ons Levitikus 18 en 20 so moet verstaan dat selfdegeslagverhoudinge net afgewys word waar dit teen die gasvryheidskultuur van destyds ingedruis het? Of het ons tog hier te make met God se geopenbaarde wil rondom sy volk se sedelike lewe hier tussen sedelose heidennasies?

Het ons in Romeine 1 waarlik net te make met ‘n verbod op homoseksuele dade omdat die patriargale stelsel die mode van die dag was? Hoekom sal Paulus dan ook die teennatuurlike omgang tussen vroue afwys?

Hoekom het elk van hierdie Skrifgedeeltes die laaste sowat 40 jaar soveel “nuwe verklarings” gekry?

Hoe word daar gepraat oor Jesus se uitreik na die “randfigure” sonder dat daar verwys word na hoe radikaal hul lewens daarna verander het?

Hoekom word daar nou so geroem in ons onsekerheid oor alles, as ons die lering het van Hom wat hulle “geleer het soos een wat gesag het, en nie soos die skrifgeleerdes nie?”

Die feit is dat net een van die twee standpunte kan reg wees. Of die kerk deur die jare s’n of die nuwe interpretasie. Hoe sal ons God se eer verder soek oor hierdie saak?

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top