Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Neem deel aan dié Bybelvasvra

Gemeentes kan dit gerus oorweeg om spanne in te skryf vir die Rapportryer­beweging en die FAK se jaarlikse Bybelvasvrakompetsie, sê dr Gustav Claas­sen, algemene sekretaris van die NG Kerk.

Die kompetisie is vir laerskoolleerlinge en dit word in twee afdelings beslis, ’n senior afdeling en ’n junior afdeling vir graad 4’s en graad 5’s. Spanne van vier neem deel aan die vasvra. Daar is twee uitdunrondtes in Mei en Augustus en ’n nasionale eindrondte in Oktober.

Inskrywingsgeld is R300 per senior span en R180 per junior span en die slui­tingsdatum vir inskrywings is 21 April. Vir die beste presteerders is daar kontant- en ander pryse.

Die Rapportryersbeweging sê hulle het vroeër agtergekom dat die jeug se Bybelkennis veel te wense oorlaat. Met die Bybelvasvra wil hulle kinders se liefde vir en kennis en hantering van die Bybel bevorder.

Die lewe gaan oor meer as net wen, en daarom moedig hulle gemeentes en skole aan om soveel as moontlik kinders kans te gee om deel te neem.

Meer besonderhede oor die kompetisie is beskikbaar by www.rapportryers.co.za of stuur ’n e-pos na ruurd@dupwest.co.za aan Ruurd van de Wal.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top