Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Algemene Sinode kos ‘n kwart sent

ʼn Raps meer as ʼn kwart sent uit elke rand wat gemeentes van die NG Kerk inkry, word uiteindelik gebruik om die werk op algemene sinodale vlak te betaal. Anders gestel: 28 sent uit elke R100 rand wat lidmate as dankoffers aan hul gemeentes gee, gaan uiteindelik na die Algemene Sinode toe.

Dit blyk uit die begroting van die Algemene Sinode wat deur die Algemene Sinodale Moderamen goedgekeur is. Die totale begroting vir die boekjaar 2017/’18 beloop net minder as R7,7 miljoen.

Die gesamentlike inkomste van alle gemeentes in 2015/’16 was net meer as R1,7 miljard. Daarvan gaan sowat R4,8 miljoen, of 0,28%, na die Algemene Sinode toe. Die res van die Algemene Sinode se begroting word deur die opbrengs van beleggings gefinansier.

Ds Johan Brink, voorsitter van die Algemene Taakspan Fondse, sê hy dink nie die Algemene Sinode se uitgawes is baie vir ʼn kerk van die grootte van die NG Kerk nie. As ʼn mens reken dat daar sowat ʼn miljoen lidmate is, beteken dit die Algemene Sinode kos lidmate elkeen sowat R4,80 per jaar.

Die mikpunt is om die beleggings só te laat groei dat dit uiteindelik 50% van die Algemene Sinode se koste kan dra.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.