Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Die waterbottels wat by die sinode gebruik word.

’n Groen sinode

Een van die kenmerke van 2017 se Vrystaatse sinode is die groen voetspoor daarvan. Van meet af is beplan om die ekologiese impak van die sinode so lig as moontlik te maak.

Anders as met vorige sinodes is plastiekwaterbotteltjies glad nie gebruik nie. Elke sinodeganger en besoeker het ‘n glasbottel gekry wat hervul kon word by verskeie waterpunte in die sinodesaal. Die bottels en waterpunte behoort aan die sinode.

Dr. Carin van Schalkwyk, skriba van die sinode, sê dis reeds gebruik in die sinodekantoor dat plastiek tot die minimum beperk word. “Een van die fokusareas van die Vrystaatse sinode die laaste vier jaar was die ekologie, so dis vanselfsprekend dat ons sensitief moes wees daarvoor.”

Die groot hoeveelheid afvalpapier wat tydens so ‘n vergadering genereer word, word herwin. Agendas is so ver moontlik elektronies versprei en vir die eerste keer sal die Handelinge van die sinode net elektronies beskikbaar wees tensy iemand spesifiek een bestel.

Bothaville se gemeentes het die etes vir die week voorsien. Hulle is versoek om so ver moontlik voedsel uit die plaaslike omgewing te gebruik, voedsel wat in seisoen is en waar moontlik vars produkte om die voetspoor van vervoer en vervaardiging te beperk.

Afgevaardigdes is ook aangemoedig om met so min voertuie as moontlik na die vergadering te kom. So is daar ook geld gespaar.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.