Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Gelowig en groen

Sonder energie is lewe nie moontlik nie. Omdat voedsel die vernaamste bron van energie is, probeer ons reg eet. ’n Power dieet lei tot uitputting, siekte en selfs dood – en genadiglik ook andersom.

Vir lewe op aarde verskaf fossielbrandstowwe (olie, steenkool en gas) ongeveer 85% van die wêreld se energie – die res is afkomstig van uraan [kernkrag] en hernubare energie soos son, wind en biomassa. Knelpunte in die bestaande energieverskaffing sluit in die uitputting van die beperkte voorraad fossielbrandstowwe.

Elke dag gebruik die wêreldekonomie ’n hoeveelheid energie wat 27 jaar geneem het om te vorm en te berg. Daarbenewens word in die ontginnings- en omskakelings­prosesse kweekhuisgasse (CO2, kwik) en toksiese as op groot skaal die atmosfeer ingestuur en waterbronne besoedel.

Hoe nou gemaak? ’n Gepaste dieet! Minder koolhidra­te ofte wel fossielbrandstowwe en meer hernubare ener­gie, en daarmee saam asook ’n beskeie spyskaart: min­der ver­­morsing van energie deur ’n eenvoudige leefstyl.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top