Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Só triomfeer troos

Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.

Dr Chris van Wyk van Somerstrand skryf:

Die Heidelbergse Kategismus (HK) begin wel met “Die troos vir gedooptes” soos Nadia Marais tereg aan­voer. Dit is egter net een kant van die waarheid. Die ander kant van die waarheid lê in vraag 1 se boodskap van transformasie: “maak Hy my van harte gewillig en be­reid om voortaan vir Hom te lewe.”  

Die troos in Christus word dus vasgehou in die transformasie van jou gedrag. Vraag 2 sê daarom om hierdie troos te kan omarm, het almal van ons nodig om te weet, hoe groot ons sonde en ellende is, hoe ons daarvan verlos kan word, en hoe ons God vir so ’n verlossing dankbaar moet wees.

Daarom is dit só belangrik om nie vas te val in ’n eensydige lees van slegs een deel van ’n antwoord in die HK nie, maar die hele konteks daarvan in ag te neem. HK 10 spel die straf van God oor alle sondes uit, selfdegeslag- seksuele gedrag ingesluit met verwy­sing na Romeine 1:18.  HK 70 spel die verlossing van God uit, ook van selfdegeslag- seksuele gedrag met ver­wysing na 1 Korintiërs 6:11. HK 108 spel die dankbaarheid vir dié verlossing uit as gehoorsaamheid aan die sewende gebod wat alle onkuisheid as vervloek reken om: “kuis en ingetoë sowel binne as buite die huwelik” te lewe.  HK 109 leer ons dat God hiermee: “alle onkuise dade, gebare, woorde, gedagtes, luste en alles wat ’n mens daartoe kan verlei” verbied.

Dit is hierdie tipe transformasie waarheen die troos van die HK ons begelei. En dit is hierdie belydenisgrondslag wat die motivering vir die Buitengewone Algemene Sinode 2016 se besluite gevorm het. Die troos en insluiting van die evangelie triomfeer dus in ’n totale transformasie van jou gedrag. Jy kan die een nie hê sonder die ander nie.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top