Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Geskenke

Geskenke speel ’n groot rol in die manier waarop ons Kersfees vier. As dit sleg hanteer word, kan dit ons weg van Christus en in die verbruikerskultuur in lei. Maar as ons dit reg hanteer, kan geskenke ons en ons kinders juis na Jesus toe lei.

In die eerste plek is die pakkies wat ons vir mekaar gee, ’n herinnering daaraan dat God sy Seun vir ons en vir sy skepping gegee het.

Om ’n presentjie te kry, maak ’n mens bly. Daarvan is die stralende kindergesiggies om ’n Kersboom oorvloedige bewys. Net so is die boodskap wat Jesus gebring het oor die koninkryk van God, ’n blye boodskap. Dit is evangelie.

Maar as ’n mens ’n geskenk kry, moet jy dit oopmaak. Soms moet jy eers mooi kyk om te sien presies wat dit is wat iemand vir jou gegee het.

Dit geld ook die geskenk wat God eeue gelede in die vorm van sy Seun vir ons gegee het. Daar is baie persepsies oor Jesus in omloop. Baie mense het netjiese kassies in hulle gedagtes waarin hulle dink Jesus pas.

Om regtig te verstaan wie hierdie Jesus is, is nie iets wat in ’n kits afgehandel word nie. Gelowiges deur die eeue het getuig dat dit ’n lewensreis saam met die lewen­de Here is om Hom beter te leer verstaan.

Dit vra onder meer dat ons die verskillende tekste in die Bybel nadenkend lees, versigtig lees, luisterend lees, gelowig lees, om regtig te verstaan wat daar van God gesê word.

Dan word dit ’n avontuur waarin God ’n gelowige lei om Hom telkens beter te leer ken. Telkens verras Hy ’n mens met insigte wat jou nader na Hom toe trek.

God se geskenk is een waardeur Hy aanhou om Hom­self te gee vir elkeen wat Hom volg.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top