Stuur Amptelike Nuus na Lida Viljoen by lida@tydskrifte.co.za
NG KERK
BEROEPE NA NG KERK-GEMEENTES
BEROEP – Prop Lourens Bester na Parke-gem (Kraaifontein); ds Stephen Heyns van Vryheid na Petrus Steyn; prop Diederich Kleynhans na Jan Kempdorp; ds AJ Liebenberg van Port Nolloth na Karasburg, Namibië; prop Ruan Nieuwenhuizen na Tulbagh; prop Christian Oberholzer na Elarduspark; ds Nico Smit van Lynnwoodrif na Dalpark; ds Natalia Strydom van Randburg-Suid na Alberton-Suid; ds Izak Johannes van Zyl van Blouwaterbaai Familiekerk na Lichtenburg; ds Johan van Zyl van Blouwaterbaai na Postmasburg.
AANVAAR– Ds Dubois du Toit van Sondagsrivier Kirkwood na Suiderhof, Windhoek.
ALGEMENE BESTUURDER
Na aanleiding van die besluit van die moderamen vergadering van 11-13 September 2017 is ‘n vakature geadverteer vir die pos: Bestuurder Algemene Sinode. Hiermee word kennis gegee dat dr Lourens Bosman benoem is in die pos Bestuurder Algemene Sinode. Dr Bosman sal sy werksaamhede op 1 Februarie 2018 in die kantoor van die Algemene Sinode begin. (Dr Gustav Claassen, Algemene Sekretaris, 18.01.2018).
WES-KAAPLAND
OORLEDE
Ds BJ (Bennie) du Plessis, van die NG gem Bellville-Oos, sou op 31 Desember 2017 emeriteer. Hy is egter reeds op 21 Desember 2017 oorlede. ’n Troosdiens is op 14 Januarie 2018, die dag waarop sy afskeidsdiens sou plaasvind, deur sy broer Jannie van Kuilsrivier-Suid gelei. (Wouter van Velden, Skriba, 27.11.2017).
Bevestiging
Ds Francois Lambrechts en ds Enel Lambrechts is beroep na die Bottelary Familiekerk, ’n gesamentlike projek tussen die NGK Vredelust, die ring van Bellville en die ring van Brackenfell. Die bevestiging het op 14 Januarie 2018 plaasgevind. (Wouter van Velden, Skriba, 27.11.2017).
Bevestiging
Prop Scherlize Hayes het die beroep na Ysterplaat-Suid aanvaar en word op 28 Januarie 2018 om 09:30 te NG Kerk Ysterplaat-Suid bevestig deur ds Irénée Heyns van Stellenbosch-Moedergemeente. (Ds André Lötter, uittredende leraar, 03.01.2018).
Bevestiging
Elzanne van der Westhuizen, wat voorheen bedien het by NGK Brackenfell, NGK Stellenbosch-Sentraal en NGK Stellenberg is op 21 Januarie 2018 bevestig as voltydse medeleraar by NGK Stellenbosch-Welgelegen. Ds Monty Sahd het die bevestiging waargeneem. (Christelle Otto, Skriba, 12.01.2018).
Bevestiging
Dr Johan van den Heever het die leraarspos by die NG gem Rondebosch aanvaar. Sy bevestiging en intreepreek vind op Sondag, 4 Februarie 2018, om 10:00 te NG gem Rondebosch plaas. (Ester Freeman, 15.01.2018).
OOS-KAAPLAND
Kennisgewing
Die kerkraad van die NG gem Nuwekerk het eenparig besluit om terug te stig na die NG gem Graaff-Reinet. Die NG gem Graaff-Reinet en NG gem Nuwekerk het vanaf 1 Januarie 2018 een gemeentegeword. Die eerste erediens van die nuut saamgestelde gemeente het plaasgevind op 21 Januarie 2018. (Kobus Eksteen, RS, 07.01.2018).
NOORD-KAAPLAND
Bevestiging
Ds SJ Strydom het op 17 Desember 2017 demissie ontvang van NG Jan Kempdorp. Hy is op 14 Januarie 2018 as leraar van die NG gem Dalunie bevestig en sy intreepreek het op 21 Januarie 2018 plaasgevind. (Stephan Strydom, 01.12.2017).
KWAZULU-NATAL
Bevestiging
Prop Marius Faul Schoombie is na die NG Suidkus beroep op 15 November 2017 en hy het die beroep aanvaar. Sy bevestiging het plaasgevind op Sondag, 14 Januarie 2017. (Ds Pieter Grobler, Skriba, 01.12.2017).
EmeritAAT
Ds FJ Janse van Rensburg van die NG gem Mtubatuba ontvang sy Akte van Demissie by Emeritaat op 28 Januarie 2018 tydens die erediens. Dit is geldig vanaf 31 Januarie 2018. (Deseré de Beer, 16.01.2018).
Kennisgewing
Neem asb kennis van die adresverandering van:
- Inligtingsbeampte, Sinodale Kantoor in KZN; en
- Die Argivaris (Elize de Villiers), Argiefdienste
Nuwe adres:
Posbus 28188, Haymarket, Pietermaritzburg 3204. (Elize de Villiers, Argivaris, 15.12.2017).
GOUDLAND
Bevestiging
Ds Jac Johannes Pienaar van NG Taaibosspruit is op 22 Oktober 2017 na Potchefstroom-Wes beroep en hy het die beroep aanvaar. Hy is op Sondag, 21 Januarie 2018, in die gemeente bevestig. (Linette Eloff, Saakgelastigde, 27.11.2017).
Bevestiging
Ds Izak Johannes van Zyl van Blouwaterbaai Familiekerk, Port Elizabeth het die beroep na die NG gem Lichtenburg (Klipkerk) aanvaar op 6 Desember 2017 en word Sondag, 4 Februarie 2018, bevestig tydens die oggenderediens om 09:30. (Ds BC Botha, Skriba, 15.01.2018).
NOORDELIKE SINODE
Bevestiging
Die bevestiging van prop Willie Korb met handoplegging het plaasgevind op Saterdag, 6 Januarie 2018 om 18:00 by die NG gem Môregloed. Sy intreepreek het plaasgevind op Sondag, 7 Januarie 2018. (Ilse van Hemert, Skriba, 11.12.2017).
EmeritAAT
Ds JJ Hamman het op 30 November 2017 uit diens van die gem Ellisras-Wes getree met behoud van bevoegdheid van proponent. (Ds TR Kriek, Skriba, 15.12.2017).
EmeritAAT
Emeritaat is aan ds WHS Wolhuter op 31 Desember 2017 verleen nadat hy vir bykans 30 jaar in die gem Waterberg werksaam was. (Ds TR Kriek, Skriba, 15.12.2017).
HOËVELD
Bevestiging
Prop Lourens Grobbelaar word as leraar/tentmaker bevestig op Sondag, 28 Januarie 2018, in NG Benoni Benjamin gem. (Carma Nell, 10.01.2018).
OOSTELIKE SINODE
Bevestiging
Prop Christian Oberholzer het die beroep as jeugleraar na Elarduspark, Pretoria aanvaar en word op 28 Januarie 2018 tydens die oggenddiens om 09:00 bevestig. (Lucia Coetzee, skriba, 13.12.2017).
EmeritAAT
Ds Hendrik Saayman van Moreletapark gem het geëmeriteer op 31 Desember 2017. (Nelia Basson, 18.12.2017).
