Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Wanneer jou geleefde belewenis van ’n situasie afgewater, geïgnoreer of selfs ontken word, kan dit as “gaslighting” bestempel word.

Gebruik die app: Pray-as-you-go

Jesus nooi ons in ’n eerstehandse verhouding met Hom: “Kom hier, kom saam met My …”

In hierdie leer-ken-van-Jesus speel die tot rus kom by Hom en die leer luister na die Woord ’n baie belangrike rol. Ons het grootgeword met ’n in­for­matiewe lees van die Bybel. Die doel is dan om die Bybel beter te leer ken, om informasie uit die Bybel te kry. Ons word egter uitgenooi om die Bybel ook op ’n formatiewe manier te lees – vanuit die verhou­ding met Hom. Dan gaan dit oor die luister na Hom aan die hand van ’n teks. Dit gaan oor transformasie.

’n Handige instrument wat ons hiermee kan help, is die “Pray-as-you-go”-webtuiste en -app. Ek het so 15 jaar gelede hierop afgekom en gebruik dit gereeld.

Pray-as-you-go is ’n webtuiste en app van die Je­suïete in Londen. Die Jesuïete, ook bekend as “the So­ciety of Jesus” is ’n religieuse orde in die Katolieke kerk. Die Orde is begin deur Ignatius van Loyola in 1540. Die Jesuïete werk as onder meer priesters, onderwysers, akademici, skrywers, me­die­se dokters. Die Jesuïete fokus sterk op God se teen­woordig­heid nou hier by ons. Jesus staan vir hulle sentraal.

Die Pray-as-you-go-webtuiste en -app bied ’n daag­­likse meditasie oor ’n Skrifteks. Dit wil jou innooi om aan die hand van die teks self God se stem vir jou te hoor. Dit volg Lectio Divina se manier van luister na die Skrif. Dit duur omtrent 12 minute.

Die meditasie bestaan uit ’n klokkespel, sang (kore oor die hele wêreld – ook uit Suid-Afrika), Skrif­lesing, vrae wat jou uitnooi om na te dink, ’n tweede lees van die Skrifteks, met nog ’n vraag vir re­fleksie.

Ek kan dit van harte aanbeveel. In ons haastige besige lewe soek ons na tot-rus-kom-plekke vir ons hart … Pray-as-you-go kan so ’n plek vir jou wees. Besoek dit by https://www.pray-as-you-go.org/ of laai die app af op jou selfoon.

▶ Ds Gys van Schoor is verbonde aan die Sentrum vir Geloofsvorming.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top