Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Die hekklokkie en Marmite-broodjies

Hierdie is 'n opiniestuk.
Die skrywer se standpunte weerspieël nie noodwendig dié van Kerkbode nie.

Ons hekklokkie lui gedurig. Iemand soek ’n broodjie. By die meeste verkeersligte in Bloem­fontein staan daar iemand op soek na werk, kos, donasies of kleingeld. “God bless.”

Padlangs het iemand van Noag se sop gedrink en dreig-dreig om voor die aankomende verkeer ’n tree op die teer te gee. Hy mis ’n Isuzu net-net.

Op die lamppaal skree Juju vir grond, hulpbronne brand, ’n paartjie trou 120 m bo die grond en die Daily Sun berig dat Satan skool toe gaan. Jip. Wie weet, dalk help dit?

As jong leraar besef ek dat dit ’n uitdagende taak is om teks en konteks by mekaar uit te bring. ’n ­Goeie dominee is tog ’n dominee wat met die koerant in die een hand staan en die Bybel in die ander. Maar die wêreld is oorweldigend. Vir almal.

Ons kort meer. Enigiets. Om sin te maak.

[aesop_character img=”https://kerkbode.christians.co.za/wp-content/uploads/sites/2/2018/09/Anneri1.jpg” caption=”Ds Anneri du Toit is predikant van die NG gemeente Hugenoot in Bloemfontein.” align=”right” width=”250px” force_circle=”off” revealfx=”off”]

In Johannes 6 vermeerder Jesus die brood en die vissies. 5 000 mans word gevoed asook hul vrouens en kinders. En daar bly oor.

Te midde van hierdie teks van oorvloed, vra die skare vir Jesus nóg, méér. Die arrogansie van die skare in die teks val my telkens op. Jesus sê hulle moet net glo. Maar dit is nie voldoende nie. Hulle soek nóg ’n wonderwerk.

Jesus ontken nie hierdie mense se fisiese behoeftes nie. Inteendeel. Hy gee vir hulle kos en voed hul behoef­tes. Hy gee vir hulle wat hulle op daardie stadium nodig gehad het. En dit was genoeg. Of so sou ’n mens dink.

As jong leraar moet ek glo dat dit wat God gedoen het aan die kruis en in die graf genoeg is. As jong le­raar moet ek glo dat wie Hy is voldoende is en meer as genoeg sal wees vir hierdie lewe, Suid-Afrika en ons roeping in die land.

Hy is genoeg in ’n tyd van rooi berets, genoeg in ’n tyd van onsekerheid, genoeg in ’n tyd van nood. Genoeg vir sy kerk om moed te hou en ’n verskil te maak. Genoeg vir my en jou om elke Sondag in afhanklikheid op die kansel te kan klim en ’n God te verkondig wat teenwoordig is. Genoeg sodat ons nie oorweldig raak deur die wêreld nie, maar dat ons opnuut geleent­hede sal raaksien waar die Gees werk – en dat ons sal join!

Sy genade is vir ons genoeg.

So, wanneer die hekklokkie lui, smeer ek graag ’n Marmite-broodjie!

▶ Ds Anneri du Toit is predikant van die NG gemeente Hugenoot in Bloemfontein.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top