Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Beste Nelis

Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.

Prof Julie Claassens skryf:

Beste Nelis,

Jy het onlangs in jou bydrae oor etiese leierskap (Kerkbode, 2 November) verwys na “een van ons dosente het by die Woordfees op Stellenbosch beweer dat die kerk geen moraliteit oor het nie.”

As die dosent wat saam met jou op die paneel oor moraliteit en die kerk gedien het, wil ek da­rem net sê wat ek gesê het. My standpunt was dat as die kerk, van wie ek lidmaat en predikant is, en vir wie ek baie lief is, nie sy kwessies oor seksuali­teit, maar ook ras en gender uitsorteer nie, dan is die kerk 0% moreel.

Dié van ons wat so aanhou om te praat oor mens­waardigheid, reg en geregtigheid, liefde en compassion hou ’n spieël op en vra die kerk en haar leiers, van wie ons ook deel is. Kyk. Wie is ons, en wie wil ons wees?

Met waardering.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top