Die 19-jarige Hillary Geslin van Egoli naby Wellington is ’n ambassadeur van hoop onder arm jongmense. Sy het op die ouderdom van 17 ’n boek geskryf wat deur Partridge Publishing, ’n internasionale uitgewer wat skrywers help om hulle manuskrip self te publiseer, gedruk is en ook digitaal beskikbaar gestel is. Success comes with effort se “grootste waarheid” is dat jou omstandighede nie bepaal wie jy is nie. Sy moedig ook jongmense aan om nie afhanklik van hulle ouers te wees nie, maar dat hulle eerder moet leer om self onafhanklik te wees. Hillary lewer gereeld motiveringspraatjies en is verlede jaar as ’n ambassadeur vir die Badisa Children Foundation gekies.
- Lees die volledige artikel van Hillary in die April-uitgawe van LiG. Die tydskrif is op winkelrakke beskikbaar.
Geborg
