Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Dr Coenie Burger. Foto: Le Roux Schoeman

Coenie Burger gee raad oor boeke vir gemeenteleiers

Goeie teologiese boeke is onmisbaar in die bediening, maar hoe kies ’n mens uit ’n stroom nuwe boeke wat jy wil lees? Hiermee help Coenie Burger in ’n reeks van ses video-opnames. Hy stel ’n aantal belangrike boeke, wat almal taamlik onlangs verskyn het, bekend. Die boeke gaan oor temas wat help om die fokus van gemeenteleiers op die identiteit en roeping van die gemeente in Christus weer helder te kry. Al die skrywers sluit op vars maniere aan by gesprekke wat tans op die terreine van teologiese navorsing en kerkvernuwing aan die gang is. Temas wat bespreek word sluit in die vereniging met Christus, triniteit, roeping en liturgie. Die skrywers is mense soos Tod Billings, Darrel Guder en Nicholas Wolterstorff. Hier is die eerste video en Coenie gesels oor die boeke met Pieter van der Walt, ’n lid van die kerk se taakspan vir navorsing.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top