Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Amptelike nuus, 18 April 2019

NG KERK

Beroep: Ds Cornis Botha van Klawer na Wellington-Oos; prop Rikus C Botha na Port Elizabeth-Noord; prop Christoffel Frans Jacobs na Lyttelton-Noord; ds Gerrit Johan Strydom van Port Shepstone na Reitz.

WES-KAAPLAND

Bevestiging

Ds Gideon Basson (emeritus) is beroep na die NG gem Leipoldtville. Sy intreepreek vind op 5 Mei 2019 plaas. (Elsabe Carstens, Gemeentebestuurder, 04.04.2019).

Emeritaat

Ds Cornelius Floris Johannes (Floors) Meyer van die NG gem George-Suid het op 28 Feb 2019 geëmeriteer. Sy afskeidspreek was op Sondag, 24 Feb 2019, waartydens dr Steve van der Walt, leraar van NGK Moedergem George, namens die Ring van George, die Akte van Demissie by Emeritaat aan hom oorhandig het. (Drew de Kock, RS, 13.03.2019).

KWAZULU-NATAL

Bedanking

Dr Samuel Marx van die NG gem Durban-Wes het as leraar bedank. Sy bedanking is van krag vanaf 31 Maart 2019. (Ds Pieter Grobler, Skriba, 07.04.2019).

VRYSTAAT

Bevestiging

Ds Friedrich Kotzé, voorheen van die NG gem Fra­serburg, het die beroep na die NG gem Vaalpark aanvaar en begin op 1 Junie 2019 by die gemeente. (22.03.2019).

GOUDLAND

Bevestiging

Ds Stian Bloem het die beroep aanvaar as tentma­ker by die NG gem Culembeeck. Hy het op 1 Maart 2019 in diens getree. (Menette Erasmus, Registerhouer, 14.03.2019).

Kennis word hiermee gegee dat ds Carel Gerhardus Pienaar die beroep vanaf Middelburg na Randfontein-Wes aanvaar het. Ds Pienaar sal op 5 Mei 2019 bevestig word. (Lou Brits, Gemeentebestuurder, 18.03.2019).

Prop Floris Stephanus Welthagen het die beroep na Ottosdal aanvaar. Sy bevestiging het plaasgevind op Sondag, 7 April 2019. (Madelein van Heerden, Skriba, 14.03.2019).

HOËVELD

Emeritaat

Ds Charl Frederick Oosthuizen van die NG gem Rynfield aanvaar ’n Akte van Demissie by Emeritaat op 30 April 2019. (Ds Christo Nel, RS, 11.04.2019).

Stuur Amptelike Nuus na Lida Viljoen by lida@tydskrifte.co.za

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top