Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Amptelike nuus, 17 Mei 2019

NG KERK

BEROEP: Ds Wynand Fourie van Windhoek-Wes na Hermanus; ds Dawid Schalk Meyer (Dawie) na Evander; prop Roné Vosloo van Knysna na Kathu.
AANVAAR: Ds Gerrit Johan Strydom van Port Shepstone na Reitz.

WES-KAAPLAND

Bevestiging

Ds Cornis Botha van Klawer het die beroep na Wellington-Oos aanvaar. Ds Botha word op 14 Julie in die gemeente bevestig. (JFW Claassen, Ringskriba, 02.05.2019).

VRYSTAAT

Ringsvergadering

Die Ring van Vaalrivier se derde vergadering vind plaas op 19 Augustus 2019 te Sasolburg-Vier­ An­kers. (Willem Burger, Ringskriba, 09.05.2019).

GOUDLAND

Bevestiging

Hiermee wil ons u graag in kennis stel dat ds Hendrik Smal, voorheen van die NG gem Proteapark, op 5 Mei 2019 bevestig is deur ds Willem Pretorius as leraar van Ventersdorp-Oos gemeente. (Engela Botes, Saakgelastigde, 06.05.2019).

BUITELAND

Bevestiging

Die kerkraad van die NG gem in Lusaka, Zambië (DRC Zambia), bevestig dat prop Werner Nel op 7 April 2019 in die gemeente in Lusaka bevestig is. Ds Johan Haasbroek het die bevestiging behartig. (Werner Nel, 02.05.2019).

Stuur Amptelike Nuus na Lida Viljoen by lida@tydskrifte.co.za

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top