Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Foto: Leon-Ben Lamprecht

Hulp na Sikloon Idai: Só staan sake nou

Die bydraes, groot en klein, ­het omtrent ingerol nadat Sikloon Idai groot verwoes­ting in Mo­sambiek gesaai het, sê ds Carl Louwrens, die Oostelike Sinode se sinodale verteenwoordiger in Mosam­biek.

Hoewel een gemeente meer as R100 000 geskenk het, is hulle baie dankbaar vir elke gemeente, ander ker­ke en individue wat dit moontlik gemaak het om die eerste fase van hulp in Mosambiek te kon afhandel, het Louwrens, leraar by die Krugerwildtuingemeente, gesê.

Behalwe vir die finansiële bydraes is daar ook groot waar­de­ring vir ons susterkerk, Igreja Reformada em Mo­çambique (IRM), wat ba­sies “al die werk” daar doen, aldus Louwrens.

Tot dusver kon kos en klere aan inwoners verskaf word en alles wat met modder bedek was, is skoongemaak.

Volgens Louwrens staan die noodfonds tans op R352 157 en is daar nou met fase twee, wat fokus daarop om strukture te herstel, weggespring.

“Die kerk se dak in Beira is reeds op. Daar is ook ’n paar prayer houses, ’n klein saal waarin mense bid, herstel,” sê Louwrens.

Die derde fase sal op landbou fokus, maar hiervoor gaan hulle nog fondse benodig. “Ons wil inwo­ners help om byvoorbeeld weer mielies te plant. Die probleem is dat jy nie saad oor die grens mag vat nie, so dit gaan nie help as iemand vir ons saad skenk nie. Ons benodig geld daarvoor.”

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top