Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

‘Bybel is duidelik oor gelykheid’ – Hervormers

Die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika (NHKA) se ernstige besorgdheid oor “die minagting van en die huidige afgryslike geweld teen vroue (en kinders)” het aanleiding gegee tot ’n nuwe huweliksformulier.

Die NHKA se “drie huweliksformuliere” is daarom met ’n nuwe formulier vervang wat onder andere nie meer na vroue as die “swakker geslag” verwys nie, skryf ds Hennie la Grange in ’n berig wat vandeesweek op die NHKA se webwerf verskyn het.

Die nuwe formulier is op 24 September by die kerk se 72ste Algemene Kerkvergadering in Pretoria aanvaar.

Dr Wouter van Wyk, sekretaris van die kommissie van die Algemene Kerkvergadering, het Kerkbode by navraag verwys na die berig waarin La Grange skryf: “Die Bybel lyk vir ons duidelik daaroor dat mans en vroue as gelykes geskep is en beelddraers van God is. Vroue is nog altyd mans se gelykes. Dit verander nie nou met hierdie besluit van die Kerk nie. Dit staan so in die Bybel. Ons kultuur het veroorsaak dat ons dit nie raakgesien het nie, of nie reg verstaan en toegepas het nie.”

Hy skryf verder: “Die Kerk kan nie handjies gevou toekyk nie. Die Kerk gaan op geen manier aandadig word aan die kulturele verwording wat vroue afmaak as minderwaardig en tweederangs nie (wat dan weer sou kon aanleiding gee tot gruwelike geslagsgeweld en misbruik).”

Die NHKA se Algemene Kerkvergadering word later vandag (26 September) afgesluit.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

1 thought on “‘Bybel is duidelik oor gelykheid’ – Hervormers”

Comments are closed.

Scroll to Top