Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2025

Nioma Venter op pad na die verhoog nadat sy as eerste vroulike assessor van die Algemene Sinode verkies is. Foto: Le Roux Schoeman

Eerste vroulike assessor vir NG Kerk


“My droom vir die NG Kerk is ’n koerantopskrif wat só lyk: ‘Ons oë is op die werke van die Here,’” het die eerste vroulike assessor (ondervoorsitter) van die Algemene Sinode na haar verkiesing op Maandag (7 Oktober) vanaf die verhoog gesê.

Ds Nioma Venter, wat tans aan die stuur van Diaconia, die Sinode van Wes-Kaapland se barmhartigheidsarm, is het hiermee verwys na koerantopskrifte tydens sinodes wat dikwels na opspraakwekkend besluite van die kerk verwys.

Venter het gesê dit is vir haar ’n geweldige “mosie van vertroue” om gekies te word. “Ek sal my arms af baklei vir die liggaam van Christus,” het Venter verder aan sinodegangers op die tweede dag van die Algemene Sinode gesê.

Venter is vroeër vanjaar as die eerste vroulike assessor van die Wes-Kaapse Sinode verkies.

In die finale stemming is Venter bo ds Dirkie van der Spuy verkies. Hy is tans die moderator van die Oostelike Sinode en was tot dusver ondervoorsitter van die Algemene Sinode. Hy is ook ’n emeritus-predikant. 

 

 

 

 

Vriende van Kerkbode

Ons benodig jou ondersteuning om ons digitale reikwydte te vergroot deur woord, video en die Kerkbode-podsending…

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Kopiereg © Kerkbode 2025

Scroll to Top