Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2025

Nioma Venter op pad na die verhoog nadat sy as eerste vroulike assessor van die Algemene Sinode verkies is. Foto: Le Roux Schoeman

Eerste vroulike assessor vir NG Kerk

“My droom vir die NG Kerk is ’n koerantopskrif wat só lyk: ‘Ons oë is op die werke van die Here,’” het die eerste vroulike assessor (ondervoorsitter) van die Algemene Sinode na haar verkiesing op Maandag (7 Oktober) vanaf die verhoog gesê.

Ds Nioma Venter, wat tans aan die stuur van Diaconia, die Sinode van Wes-Kaapland se barmhartigheidsarm, is het hiermee verwys na koerantopskrifte tydens sinodes wat dikwels na opspraakwekkend besluite van die kerk verwys.

Venter het gesê dit is vir haar ’n geweldige “mosie van vertroue” om gekies te word. “Ek sal my arms af baklei vir die liggaam van Christus,” het Venter verder aan sinodegangers op die tweede dag van die Algemene Sinode gesê.

Venter is vroeër vanjaar as die eerste vroulike assessor van die Wes-Kaapse Sinode verkies.

In die finale stemming is Venter bo ds Dirkie van der Spuy verkies. Hy is tans die moderator van die Oostelike Sinode en was tot dusver ondervoorsitter van die Algemene Sinode. Hy is ook ‘n emeritus-predikant. 

 

 

 

 

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Versprei God se Woord
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top