Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

BESLUIT: selfdegeslagverhoudings prosedure

Dit wat hieronder gepubliseer word, is nie 'n nuusberig deur die Kerkbode-redaksie nie. Dit is ’n amptelike skrywe van die NG Kerk se Algemene Sinode. Dit word volledig in hierdie afdeling van Kerkbode se webwerf gepubliseer vir die rekord en ter wille van lidmate se vrye toegang tot amptelike inligting in die kerk. - Redakteur: Kerkbode.

Die Algemene Sinode neem die volgende besluite wat die proses rondom die gesprek oor selfdegeslagverhoudings rigting gee.

  1. Die vergadering oordeel dat die gravamina ontvanklik is
  2. Die vergadering staan die versoek tot revisie toe
  3. Die vergadering oorweeg die gravamina wat ontvang is na aanleiding van die verslag van die Ad Hoc Taakspan Gravamina
  4. Beoordeel die gravamina wat beweer dat daar proseduriële foute gemaak is tydens die neem van die 2015 besluit, aan die hand van Reglement 3 wat die orde van vergaderings bepaal soos uiteengesit in die verslag Bylaag A op p 11-27
  5. Die vergadering neem ook tydens die bespreking die tersaaklike voorstelle, amendemente en beskrywingspunte in behandeling
  6. Die vergadering besluit of om die vorige besluite te handhaaf, of om dit te wysig, of dit ter syde te stel of om nuwe besluite te neem

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top