Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Kaptein Kevin Osprey, gesagvoerder van die Queen Mary 2 agter die kateder by die gereelde Sondag-erediens. Foto verskaf

Kaptein hou ook sy lyf dominee

Alle luukse plesierbote is nie net “baldadigheid, bingo, blackjack en bordspeletjies” nie. Kerk kom ook aan die beurt.

So vertel Hennie van Deventer van Melkbosstrand in sy nuwe boek Na verre hawens oor ’n vaart op die Queen Mary 2 waar daar behalwe voorlesings deur kenners, seminare en werkwinkels ook kerk gehou is.

“Tot waardering van die Christen-passasiers word elke Sondag in die reuse-Royal Court-teater, met sy 1094 sitplekke, interkerklike dienste gehou. Die skeepskaptein (of sy adjunk) neem die leiding, en in sy melkwit uniform is hy ’n imposante figuur op die podium. Die dienste is kort, kragtig en inspirerend. Aan die einde word die tradisionele seemanslied (For those in peril on the sea) gesing, met begeleiding deur een van die skip se drie pianiste om die beurt,” aldus Hennie.

LEES OOK: Seeskilpad se lyding toe laaste strooi(tjie) vir dié Matie

*Na verre hawens is deur Naledi gepubliseer. Dit kos R200. Dit is in boekwinkels en ook aanlyn by Naledi.online beskikbaar. Die skrywer, Hennie van Deventer, is ‘n oud-redakteur van Volksblad. 

 

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top