Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Foto: Neels Jackson

Nuwe lewe uit die grond

’n Plaat vygies blom net buite Jacobsbaai aan die Kaapse Weskus. Daar, en verder noord in Namakwaland, bring die lente in ’n goeie reënjaar ’n kleureskouspel wanneer daar nuwe lewe uit die grond spruit. Dit is sulke woorde wat die digter van Psalm 104 ook gebruik wanneer hy in vers 30 sing: “… ook uit die grond laat U nuwe lewe spruit.” Die hele skepping is ’n getuienis van God se grootheid. Die digter noem verskeie aspekte daarvan op, hy besing die sorg waarmee God alles onderhou, kontrasteer dit met die leweloosheid wat sou volg as God Hom sou onttrek, en bevestig dan weer met die beeld van nuwe lewe uit die grond dat dit God is wat nuwe lewe gee. Vir gelowiges wat ná die koms van Christus leef, het die woorde “nuwe lewe” natuurlik soveel ryker betekenis. Op soveel maniere gee God, deur Jesus Christus, vir ons nuwe lewe.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top