Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Nuwe Jerusalem: ‘Ek kan my self net voorstel’

Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.

Wicus Luwes van Richardsbaai skryf: Ek het besef wie die brokkie inligting wat opgesluit lê in Openbaring 21:19 sou waardeer. Ek vind die Kerkbode–artikels oor ds Jaap Durand interessant. Ek ken Durand slegs deur sy skryfwerk. Een van sy boeke, Evolusie, Wetenskap en Geloof, gaan oor Teilhard de Chardin.

De Chardin was ‘n priester, paleontoloog en geoloog. Dit is dan ook Teilhard de Chardin wat Openbaring 21:19 interessant sou gevind het. Ek wonder sommer of De Chardin die belangrikheid van die edelgesteentes waaruit die Nuwe Jerusalem gebou gaan word ooit oordink het.

Die edelgesteentes wat genoem word sluit bv. nie diamante in nie. Ek is seker dat Johannes daaroor gewonder het. Johannes was nie ‘n geoloog nie, maar het, sonder dat hy dit besef, ‘n lys van anisotropiese edelgesteentes saamgestel (Google gerus: anisotropic new jerusalem).

Die wonder van die lys is nie tydens die eerste, tweede of derde eeu na Christus ontdek nie. Die wonder van Openbaring 21:19 is eers in die twintigste eeu ontdek, toe wetenskaplikes besef het wat die verskil tussen anisotropiese en isotropiese edelgesteentes is. Later in die eeu, tydens die skep van suiwer lig, soos laser of gepolariseerde lig, het wetenskaplikes ontdek dat die edelgesteentes waaruit die Nuwe Jerusalem gebou gaan word ophelder in suiwer lig. Edelgesteentes soos diamante helder nie op in suiwer lig nie.

Ek kan myself net voorstel hoe die suiwer Lig van God die Nuwe Jerusalem gaan laat skitter!

Om te dink dat dit die wetenskap tweeduisend jaar geneem het om die stukkie wetenskap in die Bybel raak te sien. Ek dink hierdie ‘juweel’ sou De Chardin ongelooflik geinteresseer het. Ek prys God vir die Bybel en dat Hy gewone mense soos Johannes gebruik het om ‘n stukkie wetenskap in Sy Woord neer te pen!

 

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top