Amptelike nuus, 24 Januarie 2020

NG KERK

Beroep: Prop Mardi Badenhorst na Paarlberg; prop NF Jonker na Bospoort; ds WJ Lötter van Vredefort na Velddrif; ds JF (Johan) Malan van Goedgegun na Ventersdorp; prop Handré Meyer na Randburg-Suid (Domus Dei); prof CJP (Nelus) Niemandt na Wellington met die opdrag Hugenote Kollege; prop Julian Philip Olivier na Groblersdal; ds Jasper van der Westhuizen van Riversdal na Port Shepstone.

Aanvaar: Ds Janlu Kuyler van Moreletapark na Robertson; ds Enél Lambrechts van Vredelust na Knysna; ds Kenneth McKenzie van Rant-en-dal Prisma na Swakopmund; prop Lerisa Meyer na Margate; ds JA van Schalkwyk van Kathu na Deben.

WES-KAAPLAND

EMERITAAT

Ds M Joubert van NG gem Robertson het op 8 Des 2019 sy emeritaat ontvang. (Ds JJ du Preez, Ringskriba 21.11.2019).

Dr Jan Hendrik Nieder-Heitmann het op 31 Des 2019 geëmeriteer vanuit De La Bat NG Kerk vir Dowes. Sy afskeidspreek het plaasgevind op 1 Des 2019. (Ds Wouter Olivier, Skriba, 26.11.2019).

Ds CP van Wyk het op 31 Des 2019 geëmeriteer vanuit die NG gem Drakenstein (Paarl). Sy afskeidspreek het plaasgevind op 1 Des 2019. (L Fourie, Skriba, 06.12.2019).

BEVESTIGING

Ds Andrea Werner, voorheen van Loxton, is op Vrydag, 10 Jan 2020 om 19:00 in Vanrhynsdorp bevestig. Haar intreepreek het op 12 Jan 2020 plaasgevind. (Mev E Etzebeth, Skriba, 21.11.2019).

Ds Charl van Rensburg het die beroep aanvaar vanaf Montagu na Laaiplek en het op 1 Jan 2020 by die gemeente begin. Sy intreepreek het op 12 Jan 2020 plaasgevind. (Elrona la Grange, Skriba, 27.11.2019).

Johan Botes is op 20 Nov 2019 gelegitimeer by Stellenbosch Moederkerk. Hy is op 28 Nov 2019 beroep as voltydse predikant by Gordonsbaai Gemeente. Sy bevestiging het plaasgevind op 19 Jan 2020 deur dr Jannie le Roux waartydens hy ook sy intreepreek gelewer het. (Madalene Wilkinson, Admin Beampte, 03.12.2019).

Ds Louwrens Jakobus Scheepers is as brugleraar beroep na NG gem Drakenstein (Paarl) vir ’n tydperk van 9 maande, wat hy aanvaar het. Hy is op 19 Jan 2020 bevestig in die gemeente. (L Fourie, Skriba, 06.12.2019).

Prop Jako Visser is op 19 Jan 2020 deur di Alwyn Carstens en Divan Vrey as vastetermynleraar (2 jaar internskapprogram) in die NG gem Parow-Welgelegen bevestig. Jako se intreepreek sal op 26 Jan 2020 om 09:00 geskied. (Tania Olivier, Gemeentebestuurder, 13.01.2020).

Ds Annalet Slazus is op 18 Jan 2020 om 10:00 bevestig in Boesmanland gemeente. Haar intreepreek het plaasgevind op 19 Jan 2020. (Catherine, 14.01.2020).

VRYSTAAT

bevestiging

Ds JP (Petri) Coetzee van Wesselsbron-Noord is op 1 Des 2019 deur ds Willem Nortjé in die NG gem Malelane bevestig as voltydse leraar. (Anánja Steenkamp, Saakgelastigde, 05.12.2019).

NOORDELIKE SINODE

EMERITAAT

Ds EL Haarhoff (Emil) van die NG gem Rooihuiskraal het op 31 Des 2019 geëmeriteer. Die gemeente het op 24 Nov 2019 van hom en Christine afskeid geneem, waartydens ‘n akte van emeritaat aan hom oorhandig is. (Daniël de Vos, 14.01.2020).

bevestiging

Prop Dawie Rotteveel het die beroep na NG Pretoria-Tuine aanvaar. Sy bevestiging en intreepreek het op 19 Jan 2020 plaasgevind. (Dawie Rotteveel, 06.01.2020).

Stuur Amptelike Nuus na Lida Viljoen by lida@tydskrifte.co.za