Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Foto: Rupert van Zyl

Geld stroom in vir droogtefonds

Die reuse-veldtog “van geld­gee en omgee” is slegs R300 000 kort van die mikpunt van R3 miljoen bestem vir land­bougemeenskappe wat deur die droogte geraak word, volgens ds Nioma Venter.

“Tot op datum is R2,7 miljoen ontvang en na geïdentifiseerde gemeenskappe gekanaliseer,” het Ven­ter, PSD: Diaconia, op 15 Ja­nua­rie laat weet.

Donasies van R100 000 is aan plaaslike gemeentes gegee wat dit op so ’n wyse moes bestuur dat dit die hele gemeenskap bereik en volgens Venter pryk daar deesdae ’n tamaai “spinnekopweb-kaart” teen die muur van hulle kantoor om tred te hou met die logistieke operasie.

Die diensgroep is ook in noue kontak en gereelde gesprek met ander sinodes, onder andere die Noord-Kaap Sinode, wat soortgelyke inisiatief daar neem. Daar word ook oor sinodale grense heen hulp en ondersteuning gebied. “Ons is immers één in Christus,” het Venter gesê.

Kerkbode het in September ver­lede jaar berig dat Diaconia die insamel en uitdeel van die beplan­de R3 m droogtehulpfonds sal bedryf in die hoop om verligting aan altesaam sowat 30 landbou­gemeenskappe te bring wat volgens Venter ge­trau­matiseer is deur rampspoedige watertekort.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top