Sy het voor ’n spieël gestaan en van ’n “baie ver plek” na die vrou voor haar gekyk. “Ek het geweet sy sal nooit weer bestaan nie,” skyf Lizette Rabe in haar jongste boek Om tot verhaal te kom. “Sy sal ’n nuwe identiteit moet kry. Sy sal tussen woorde – honderde, duisende, miljoene – moet swerf om iets te probeer vind wat sin maak,” verduidelik Rabe ter inleiding tot hierdie “werkboek” met die subtitel “Verwerk trauma en verlies deur skryfterapie” (Lapa Uitgewers). Rabe sê oor skryfterapie: “Ek dink baie mense dink hulle kan nie skryf nie, terwyl hulle eintlik kan. Soos daardie Amerikaanse sportjoernalis Red Smith van lank lank gelede (hy is aan die begin van die vorige eeu gebore) gesê het: “There’s nothing to writing. All you do is sit down at a typewriter and open a vein.” Maar grappies ter syde. Natuurlik kan almal skryf, hulle moet net glo hulle kan.
* Rabe is professor in joernalistiek aan die Universiteit Stellenbosch. Sy bied op Saterdag 7 en 14 Maart werkwinkels oor skryfterapie aan op grond van haar boek. Dit vind plaas van 09:00 tot 13:00, met registrasie van 08:30.
Bespreek aanlyn by Quicket. Vir meer inligting, kontak Ithemba by ithembafoundation@mweb.co.za