NG KERK
BEROEP: Ds Tano Bongers van Schweizer-Reneke na Dealesville.
AANVAAR: Prop CS Engelbrecht (emeritus) na Nigel-Suid; ds JP Buckle (emeritus) na Nigel-Suid; ds Ulrich Konrad-Trümpelmann (emeritus) na Sabie; ds Jasper van der Westhuizen van Riversdal na Port Shepstone; ds Meyer van Wyk van Diamantveld na Piet Retief.
KWAZULU-NATAL
BEVESTIGING
Ds Jasper van der Westhuizen word op Sondag, 8 Maart 2020, in Port Shepstone as leraar bevestig. (Ina Coetzee, Saakgelastigde, 14.02.2020).
VRYSTAAT
BEDANKING
Hiermee word kennis gegee dat CM Erasmus, voorheen leraar van die NG gem Dealesville, Vrystaat, sy bevoegdheid as predikant verloor het op grond van sy bedanking as leraar (vgl Kerkorde 2015, Reglement 11 punt 7.1.4) (Dewyk Ungerer, Bestuurder ATP, 18.02.2020).
NOORDELIKE SINODE
DEMISSIE
Kennis word gegee dat ds M Jordaan op 16 Februarie 2020 haar akte van demissie ontvang het vanaf die NG Pietersburg-Noord. Die akte van demissie is ontvang na die verstryking van die kontrak vir ’n vastetermynpos. (Ds JM Bezuidenhout, 12.02.2020).
HOËVELD SINODE
EMERITAAT
Dr Jurgens Johannes Schoeman van Aan-die-berg gem (voorheen Aasvoëlkop gem) het sy emeritaat ontvang. Ds Jurie is vanaf 1 Feb 2020 in ’n vastetermynpos aangestel by Aan-die-Berg gem. (Rian Steenkamp, Ringskriba, 18.02.2020).
Ds Henning Johannes Jacobs van Domus Dei Randburg-Suid gem het sy emeritaat ontvang. (Rian Steenkamp, Ringskriba, 18.02.2020).
Dr Gerhardus Petrus Viljoen du Plooy van Bryanston-gem ontvang emeritaat op DV 29 Feb 2020. (Rian Steenkamp, Ringskriba, 18.02.2020).
BEVESTIGING
Ds Yolandi Kok van Culembeek-gem is na die NG gem Domus Dei Randburg-Suid beroep en het die beroep aangeneem. Sy word DV op Sondag, 5 April 2020, in die gemeente bevestig. Haar afskeidspreek is op 15 Maart 2020 waar sy haar akte van dimissie ontvang en haar intreepreek is op 5 April 2020 by Domus Dei. (Rian Steenkamp, Ringskriba, 18.02.2020).
OOSTELIKE SINODE
KENNISGEWING
Die Sinodale Diensraad van die NG Kerk Oostelike Sinode gee hiermee kennis van ’n Buitengewone Sinodesitting wat op 2 April 2020 by die gemeentekompleks van die NG Kerk Pierre van Ryneveld gehou word. (FJ Retief, Uitvoerende Amptenaar, 19.02.2020).
Stuur Amptelike Nuus na Lida Viljoen by lida@tydskrifte.co.za
