Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Reis deur ’n wonderwêreld

Die Wonderwese
Carina Stander
Protea Boekhuis (2019), R250


Soos in Die Bergengel (2017) is jou reis deur Gabriëllië se wonderwêreld – dié keer aan die sy van ’n amper volwasse Eron Verberger – niks minder nie as verstommend. Dink jou dit in: rieteilande, pienk rivierdolfyne, identiese tweeling-verpleegsusters met spierwit wapperende hare op wit perde wat kin­ders gaan red en genees.

In dié tweede boek van die Bergengel-trilogie is Eron op soek na die laaste Geseëndes sodat hy hom by sy pa in Afrika kan gaan aansluit. Hy doen aan by Anav Elanov, die Sagmoedige wat in die mooiste digterlike taal praat.

Hierna ontmoet hy Iris Skatri die Regverdige, wat haar doelbewus uit­honger in ’n openbare noodkreet om reg in haar land te laat geskied.

My gunstelinggedeelte in die boek speel op Rammelberg af, waar Eron op ’n plaas in die Lammerhuis beland. Die eienaar, Adelram en die Barmhartige, versorg hier 33 kinders wat wees gelaat is. Die tropiese Bellar is Eron se laaste bestemming, waar hy die Vredemaker sien.

Selfs vir iemand wat nie voorheen fantasie as voorkeur-genre verkies het nie, was Die Wonderwese ’n verstommende reis. Ek vra my élke keer af: Hoe op aarde kry Carina Stander dit reg om so ’n wonderwêreld voor die leser se geestesoog op te tower?

Dan lees ek in die nawoord: Een van die grootste bronne vir Carina se inspirasie is die dagboekinskrywings wat sy tydens haar reise op woestynberge, sneeuberge, eilandberge, bergstede, bergwoude en vulkaniese berge maak.

Die eerste boek in die trilogie, Die Bergengel, het in 2017 verskyn.

  • Hierdie resensie het oorspronklik in Kerkbode se susterpublikasie LiG verskyn. Die Maart-uitgawe van LiG is nou op die rakke.
  • Lees ook ‘Bekorende’ gelykenisse

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top