Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

#Blacklivesmatter … ook in SA

Die toenemende rassespanning in die VSA vra vir gebed en solidariteit – ook van Suid-Afrikaners, het ’n NG gemeente in Johannesburg vandeesweek gesê.

“We can only respond prayerfully to these troubling events as South Africans, from our perspective, with our own history of racism and the struggle for the acknowledgement of all people’s God-given dignity and precious humanity,” lui ’n verklaring wat die kerkraad van Andrew Murray-gemeente op 2 Junie uitgereik het.

[aesop_character img=”https://kerkbode.christians.co.za/wp-content/uploads/sites/2/2020/06/rudi-web.jpg” caption=”Ds Rudi Swanepoel, leraar van die NG gemeente Andrew Murray.” align=”right” width=”250px” force_circle=”off” revealfx=”off”]

As Christelike geloofsgemeenskap verbind die gemeente hulleself daartoe om geleenthede te skep vir mense van verskillende agtergronde om dialoog en “ongefilterde gesprek” te voer oor ’n verskeidenheid van onderwerpe wat mense se lewensgehalte raak,” volgens die gemeente waarby ds Rudi Swanepoel as leraar verbonde is.

Lees ook: ‘Óns probleem’

Grootskaalse geweld het in verskeie deelstate van Amerika uitgebreek nadat die 46-jarige George Floyd van Minneapolis gesterf het terwyl lede van die polisie hom in hegtenis geneem het en die intussen geskorste Derek Chauvin deur ’n omstander verfilm is terwyl hy sy knie op Floyd se nek gedruk het. #Blacklivesmatter is die hutsmerk wat as vaandel vir hierdie optogte dien. ’n Aandklokreël is in ten minste 40 Amerikaanse stede ingestel om die gewelddadige protesaksies in die kiem te smoor, het die BBC op 3 Junie berig.

Die onluste is aangevuur nadat president Donald Trump voor die Episkopaalse Kerk St John in Washington oorkant die Withuis, met ’n Bybel omhoog, in ’n toespraak die anti-rassistiese betogings sterk gekritiseer het, volgens die BBC. Hoewel Trump wel wye ondersteuning vanuit sy ondersteunersbasis gekry het, is hy vanuit vele godsdienstige kringe gekritiseer vir sy optrede. Eerwaarde Gini Gerbasi, ’n Episkopaalse priester, sê die polisie het traangas gebruik om haar en ander van die St John-kerk te verwilder. Sy sê Trump het die heilige grond van die kerk in ’n oorlogsveld verander, volgens ’n berig in The Guardian.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

4 thoughts on “#Blacklivesmatter … ook in SA”

  1. TC Breitenbach

    Toegegee dat ek dalk verkeerd mag wees, maar “Black lives matter” kom vir my – vanuit ‘n Bybelse perspektief – ietwat eksklusief voor (en dalk selfs polities opportunisties?) terwyl ek dit inklusief sou wou vervang met “All lives matter to God”. In Suid-Afrika met sy tragiese rekord van plaasmoorde het ek nog nooit die slagkreet van “White lives matter” teëgekom nie. Laat ons konsekwent wees in denkbenadering ten opsigte van die hedegebeure, en ons self tegelyk voortdurend afvra na ons motiewe ter ondersteuning van ‘n saak of ons teenkanting daarteen. In hierdie verwarrende tyd benodig ons by uitstek die gawe van onderskeiding tussen waarheid en pseudowaarheid.

  2. Bertie Hanekom

    Ek verstaan nie lekker hierdie bohaai oor “black lives matter” nie. Een wit polisieman vermoor een swart man in die VSA en hele wêreld is in rep en roer. Alles word voor die voet vernietig en afgebrand. In SA lees omtrent elke dag van ‘n swart man wat ‘n wit man/vrou aanrand of vermoor. En die wêreld is stil … Moet dit nie eerder ‘n geval wees van “lives matter” nie?

  3. Rentia van der Merwe

    Amen TC. Ek stem 100% saam met jou.
    God is geen rassis nie; almal maak saak vir Hom. Ongelukkig is dit ons op die kleinhoewes en plase wat met een oog oop moet slaap terwyl ons ALMAL sal help wat in nood verkeer. Waar is die regverdigheid van ons lewens wat ook saakmaak?

  4. Ek stem met u saam T C Breitenbach. Ek was in bevel van ‘n Staatslykhuis gedurende die 80’s en 90’s. Hier het ek geleer dat lewe, maak nie saak of dit wit of swart is nie, van belang is en saakmaak. Dit is egter vir my vandag baie swaar om te hoor hoe ons boere op hul plase vermoor word. ‘n Lewe is ‘n lewe en ons moet maar bid dat ons Hemelse Vader hierdie sinnelose geweld sal stop.

Comments are closed.

Scroll to Top