Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

’n Gemaskerde di Heinrich Viljoen en Roné Vosloo, predikante by NG gemeente Kathu, bedien die lidmate met kolwyntjies en koffie tydens ’n deurrypartytjie om die gemeente se 45ste bestaansjaar te vier. Foto verskaf

NG Kathu vier 45 jaar met deurryparty

“Tydens hierdie verjaars­dagvieringe het dit net weer absoluut duidelik ge­word dat ons lidmate, ons geloofsfamilie, te midde van Covid-19 steeds ’n behoefte het om saam te wees en saam te staan. Dit was ’n ware oom­blik van hoop.”

Só sê ds Roné Vosloo, predikant by NG gemeente Kathu, wat op 14 September die gemeente se 45ste ver­jaars­dag met ’n “deurrypartyjie” ge­vier het.

LEES OOK: Deurrynagmaal: ‘Ons wou luister; en nie worsmasjien wees’

Die gemeenteskriba, Ernalize du Toit, vertel dat hulle gou koppe bymekaar moes sit om steeds ’n besonderse geleentheid van dié verjaarsdag te midde van die inperkingsregulasies te maak. Du Toit brei verder uit: “’n Paar vroue het kolwyntjies gebak, die koffie is in wegneemhouers reggesit en die lidmate is genooi om tussen 16:00 en 18:00 die Maandagmiddag vir dié deurryfeesviering te kom. Daar was baie vreugde en ’n ware partytjie-atmosfeer in die lug. Die leraars en van die ander kerkpersoneel het die koffiebestellings geneem en lidmate bedien. Dit was vir almal lekker om mekaar ’n slag te sien en vinnig ’n paar woorde deur die motorvenster te wissel,” het Du Toit gesê.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top