Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

VIDEO: Koster bewimpel uitsaaitoring

Ry jy in Somerset-Oos in die Oos-Kaap in, word jy dalk net welkom geheet met die klanke van liedere soos “Amazing grace” of “I have a dream” wat deur oom Dougie Argyle, koster by die NG gemeente Somerset-Oos, kliphard op die dorp gespeel word. Argyle het net voor Kersfees in 2013 besluit om die gemeente se kerktoring met twee luidsprekers toe te rus en op te dollie om vrolikheid en vreugde in die somber Somerset-Oos te bring.

Argyle, wat al van 1965 af op Somerset-Oos woon, is die laaste jaar en ’n half die koster van Somerset-Oos gemeente, maar omdat hy gereeld in die kerkgebou gaan bid het, het hy ’n sleutel van die gebou en toegang tot die kerktoring gehad. Hy vertel: “In 2013, toe oudpresident Nelson Mandela oorlede is, was daar ’n somber gevoel op die dorp. Boonop is ’n dierbare oom in hierdie tyd op sy plaas vermoor. Die dag voor Kersfees het ek besef ek sal ’n plan moet maak om weer vrolikheid op die dorp te bring. En dít is toe ek besluit om twee groot speakers in die kerktoring te sit en die musiek sommer hard in die dorp te speel!”

Hy vertel dat hy nie toestemming van die kerkraad gevra het nie, maar dat hy dankbaar is dat die dorp steeds na sewe jaar deur die musiek geïnspireer en verenig kan word. “Ek speel ’n verskeidenheid van liedere in Afrikaans, Engels, isiXhosa en selfs Russies. Ek glo in vereniging. As ons een God dien, hoe kan ons verdeel wees?” vra Argyle. 

 

 

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top