Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Definitief gaan dit oor mense

Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.

Johan van Noordwes skryf:

Gerrit Engelbrecht skryf dat die “gay”-kwessie nie om ’n saak gaan nie, maar om mense.

Ek wil hiermee heelhartig saamstem en probeer graag om sy vrae vanuit ’n behoudende perspektief te beantwoord.

Eerstens word niemand as tweede­rangse lidmate behandel nie. Heilige seksualiteit (ek leen by Christopher Yuan) word van alle Christene verwag. Seks word net binne die konteks van ’n huwelik tussen een man en een vrou heilig geag volgens Bybelse standaarde en almal word by dieselfde standaard ge­hou. Die vereiste om selibaat te wees, is dus op alle ongetroude persone van toepassing.

“Verhoudings van liefde” word ook aangemoedig onder Christene. Ons word tog daartoe beveel deur Jesus self. Om egter iemand anders in sonde te sterk, saam daaraan deel te neem of dit goed te keur kan tog nie as liefdevol beskou word nie. ’n Mens se siel is tog van meer waarde as ons aardse liggame en dus moet ons klem eerder op ewige bestemming as op aardse bevrediging wees.

Mense is definitief vir Jesus belang­rik, hoekom anders sou Hy sy lewe vir ons opoffer? Jesus het egter ook self ge­sê: “As julle My liefhet, sal julle my gebooie gehoorsaam”. Ons lees ook dat Hy met die oordeelsdag dié sal wegstuur wat nie die wil van die Vader gedoen het nie, selfs mense wat gepreek en wonders gedoen het! Wat kan tog meer liefdevol wees as om mense van só ’n lot te pro­beer beskerm?

Groete in Christus.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top