Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

‘Liefde sonder bekering van sondes verdraai evangelie’

Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.

Johan van Noordwes skryf:

Ek lees die rubriek van Christo Lombaard op 13 Januarie op die Kerkbode-toep en vra myself af: Waar is die balans? Wanneer plaas Kerkbode ’n rubriek wat die behoudende standpunt stel? Ai, Kerkbode … ai.

Christo se rubriek bevat heelwat mistastings, of “fake news”. Eerstens is die vergelyking tussen slawerny, seksisme en homoseksualiteit ’n vals vergelyking wat gebruik word om emosionele reaksie te verkry. Dr Robert Gagnon het die volgende stelling gemaak (verskoon die Engels): “The best analogies are those that have the most substantive points of correspondence with the thing being compared.” Dit sal dus ’n beter vergelyking wees om homoseksualiteit te vergelyk met ’n ander vorm van seksualiteit, of met iets wat saam met dit genoem word in die betrokke Bybeltekste. Vergelyk appels met appels, of ten minste met iets in die vrugtebak, maar nie met tarentaalvere nie.

Tweedens wil ek graag weet wat word bedoel met “Ja, maar”-teologie. As daar bedoel word “ja, maar nie daardie mense nie”, wil ek dit onomwonde verwerp. As daar bedoel word Jesus het alle mense lief, maar Hy roep ons tot bekering; of, God is liefde, maar ook heilig, dan kan ek nie anders as om saam te stem nie. Ons kan nie God se genade goedkoop maak nie. As ons liefde verkondig sonder bekering van sondes óf die heiligheid van God, verdraai ons die evangelie.

Laastens wil ek my uitspreek oor die gebruik van die term “on-Christelik” met verwysing na behoudende Christene. Dit is ’n ad hominem, Christo speel die man en nie die bal nie. Kom ons hou die debat by die toepaslike teologiese en feitlike punte, om mekaar te “label” gaan die verdeling net verdiep.

Groete in Christus.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top